Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Mooi plek, winkeleienaar gerig op toerisme mark, dit maak dat plaaslike mense produkte op ander plekke koop."
"Heerlike omgewing van rustigheid weg van die gewoel van die groot plekke. Het werklik rus vir ons siel daar ontvang."
"I come from the Strand, so after 13 years it was a pleasure to see that there are upgrades happening to the beach and that some of the spots I visited were still going strong. Bart's and Friedman and Cohen. We will be visiting again but this time for a longer period."
"Ai, die weer in die Strand is maar sleg en die wind waai gedurig. Aan die positiewe kant - dit is lekker naby aan Kaapstad (40 min) so mens kan maklik Kaap toe ry om besienswaardigehede te gaan besoek. Dit is ook baie naby aan Stellenbosch se wynplase as mens 'n wynproe of middagete op 'n wynplaas wil doen."
"Wonderlike positiewe ervaring. Sal beslis 'n besoek aan Stellenbosch aanbeveel."
"'n Heerlike wegkomkans - enersyds gaan jy uitrus en andersyds gaan jy geïnspireerd wees na jou wegbreek - die fotogeniese landskap en die hartlike, kreatiewe mense - jy sal nie anders kan nie. "
"Ek het meer van Tulbagh verwag. Histories baie mooi bewaar met mooi versorgde tuine, maar gits die mense beweeg nie met die tye nie. Glo nie hulle het al ooit gewaag om kruie in hul kos te gooi nie...om nie te praat van "banting" opsies nie. Toeriste wemel in Riebeeck-Kasteel, maar in Tulbagh is daar niemand nie. Ontbyt is aanbeveel in Church straat se kombuis waar ons kon kies uit koek of maalvleis op witbrood of maalvleis op bruinbrood of maalvleis in 'n jaffel (wit of bruin) of maalvleis met eiers ..."
"Baie lekker plek waar 'n mens rustig met jou familie goed kan gaan doen soos taalmonument, leeukamp, ens. - baie om te doen en lekker restaurante."
"Die omgewing is beeldskoon, natuurlik nie veel om te doen in die dorpie nie, maar as jy kom kuier om die natuur te waardeer is hierdie plek ideaal."
"Ons het amper die winkels agter Paddagang gemis en het gedink die hoofstraat met Kafees was dít! Gelukkig het iemand ons verwys na die ander plekkies. Dalk kan dit duideliker aangedui word. "
"Ons het uitsluitlik gekom vir die perdeskou, wat ons nou elke jaar wil bywoon. Tog is daar so baie in en om Tulbagh om te doen dat ons voor volgende Oktober sal terug wees. "