Verified Reviews
Buffalo City
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Buffalo City
Rated 4.4 out of 5 based on 667 reviews.
Chintsa (Cintsa), Buffalo City
Lala Phantsi"Cintsa is stil met lang strande om op te loop. Dit is dierevriendelik en perfek as jy wil wegkom van die besige samelewing en wil rus."
"Pragtige klein afgeleë dorpie; met al die nodige beskikbaar! Die kuslyn en buurdorpies is naby en heerlik om te besoek - noord en suid! Volop voëllewe; verskeie staproetes en riviere!"
"Die stad self is nie meer dieselfde nie, maar buite die stad is daar goeie vakansieplekke."
"Die omgewing is absoluut asemrowend. Wees net bedag daarop dat alle besighede nie elke dag oop is nie; die slagter byvoorbeeld is nie Maandae en Dinsdae oop nie, maar ons het die lekkerste hamburgerpatties daar gekry."
"Gonubie is 'n heerlike plek om vir 'n paar dae te ontspan. Dis ons vierde besoek aan Gonubie - dit spreek dus vanself dat ons dit weer sal besoek!"
"Baie lekker, maar sommige areas soos Southernwood is so besoedel met rommel. Waarom maak die munisipaliteit hierdie area nie op 'n roetine basis skoon?"
"Glengariff is 'n veilige, klein, pragtige plek met 'n heerlike swemstrand en baie rotse vir visvang! "
"Als wat jy nodig het alles is by mekaar en daar is die see, wat meer wil jy hê."