Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Die dorp bied nie veel nie, maar dit is sentraal geleë om ander besienswaardighede te besoek."
"Unieke dorpie. Geen groot inkopiesentrums nie wat dit 'n regte outydse ervaring gee. Beslis 'n dorpie om te besoek as jy iets anders as normale winkels en restaurante wil ervaar. Pragtige natuurskoon in en om die dorp met menigte buitemuurse aktiwiteite wat elke avonturier sal byval."
"Ons hou nog altyd van die dorp se atmosfeer, die ou huise wat dikwels baie artisties oorgedoen is, landelik, groot grond strate en mens voel veilig. Baie van die huise is egter vervalle, wat jammer is. Ons hoop dit vererger nie oor tyd nie."
"Ek hou van die Vrystaat. Suid-Afrika se weer is net onvoorspelbaar en dit het ons onkant gevang."
"Ladybrand is 'n klein dorpie, wat al die winkels en banke het, wat 'n mens benodig. Toeriste kan gerus 'n draai maak in Ladybrand. Dit is 20 km van Lesotho se grens af."
"Clarens is a hidden gem, an ideal spot for a weekend away or a stop-over when touring the beautiful inland."
"As julle meer mense wil lok sit 'n Geocache of twee op in die dorp by van die geskiedkundige besienswaardighede."
"Clarens is meer vir volwassenes as vir kinders. Tieners sal nie te lank kan bly nie want daar is nie veel vir hulle nie. Die plek is uitstekend om die stad se vinnige lewe terug te los en te ontspan. Baie oulike winkels en geen horlosie is benodig nie."
"Pragtige Vrystaatse dorpie, met mooi geboue en vriendelike atmosfeer. Ten spite van die feit dat ons 18:00 eers gearriveer het, kon ons nog kies tussen 3 eetplekke vir aandete, en het selfs nog die unieke antieke en kunswinkel in die Hoofstraat besoek. Die landelikheid, mooi ou huisies en groot dorpserwe dra by tot 'n unieke ervaring. Ek ken die Vrystaatse platteland goed, en die besoek aan Philippolis het my met nostalgie vervul, en was definitief die moeite werd."
"Pragtige, skoon dorpie met die mooiste sandsteenhuise. Kon gaan stap en almal groet jou."