Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 5186 reviews.
"Hekpoort is 'n kort afstand van Hartebeespoort en ons dae was gevul met onder andere 'n besoek aan die Sterkfonteingrotte, Die Wieg van die Mensdom, kaasfabriek, kabelkar rit en selfs 'n roomysfabriek om maar 'n paar te noem."
"Dis 'n wonderlike dorp wat baie te sien en te doen het, sal beslis my kinders volgende keer saam neem vir 'n onvergeetlike kuier. Vriendelike mense en dorp."
"Baie lekker wegbreekplek vir 'n naweek. Baie dinge om te doen en lekker naby aan alles."
"Strawberry Farm spa packages are great value. Die ou Pastorie a lovely spot for breakfast or lunch. "
"Brooklyn plaas mens vinnig binne bereik van hoofpaaie, die beste inkopiesentrums, ens. Baie lekker restourante."
"Omdat daar net storte is, sal ek indien daar 'n baba is, miskien net 'n bababad/klein skottel byderhand hou, sodat die mamma haar baba kan bad. Moet ook sê, ons kon seker ook gevra het."
"Daar is nie baie in Magaliesburg self om te sien of doen nie. Maar die Sterkfontein Grotte is naby genoeg en maak so reis die moeite werd."
"Baie veilig en netjies, want dis 'n afgesperde woonbuurt met veiligheidswagte. Uitstekende winkelsentrum net om die draai."
"Tans kan ek nie sien dat Garsfontein 'n toeristemekka is nie. Met die voltooiing van Menlyn Main en gepaardgaande eiendomontwikkelling gaan dinge verander. Garsfontein is 'n baie natuurlike, boomryke en mooi omgewing. "
"We were just passing through Pretoria as we had to visit one of the Embassies. I believe there is quite a lot to see in the area and it could be an interesting place to visit. "
"Ek was vir die eerste keer by Safari in Lynnwood Road, en ek moet se dit was nou vir my 'n "treat" gewees! Die hele Lynnwood Road is eintlik oortrek met oulike kwekerye en ander interessante winkels! "
"Ons was drie groot mans, maar sou verkies het om in een eenheid te bly met private kamers. Miskien beter om die heel groot eenheid in 'n drieslaapkamer-eenheid te omskep."
"Vir ons plaasjapies is dit 'n lekker uitstappie met genoeg kuier en eetplekke en inkopies."