Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Baie geskiedkundige geboue en museums. Vallei van verlatenheid is 'n absolute moet sien veral vroegoggend as die hek om 07:00 open."
"Die dorp is 'n baie pragtige plek met baie besienswaardighede in."
"We loved Graaff-Reinet, I only gave it 4 stars instead of 5 because we were there on a Sunday and virtually nothing was open. Thankfully the Pioneer Restaurant was open for dinner and was excellent."
"Graaff-Reinet moet op elke persoon se bucket-list wees! Die Vallei van Verlatenheid is 'n moetsien-bestemming. Ons het ons vingers afgeëet by Pioneers Restaurant - die lamsgeregte is uit die boonste rakke. By The Muller House het ons heerlike pizzas gekry wat in 'n houtvuur-oond voorberei word en vir die beste koffie besoek beslis Maria's - die gasvryheid en diens is uit die boonste rakke. Ons gaan beslis 'n langer besoek beplan en gou weer daar kuier."
"Daar is ongetwyfeld baie om te sien en te doen in en om Graaff-Reinet. Nieu Bethesda (met die Uilhuis), die Vallei van Verlatenheid, die pragtige ou geboue en kerk in Graaff-Reinet, goeie restaurante, die Kamdebo en die ongelooflike mooi berge en natuur rondom Graaff-Reinet is vir seker meer as een kuier werd."
"Ons was gelukkig om die area om Graaff-Reinet te sien na goeie reëns. Dit was werklik 'n belewenis om die area so mooi te sien. Daar is heelwat interessante aktiwiteite om besoekers 'n paar dae besig te hou."
"Pragtige historiese dorp met baie besienswaardighede (wat wel in hierdie piek toerisme seisoen toe was!). Goeie restaurante en vriendelike inwoners. Vir iemand wat in verskillende boustyle belangstel is hierdie dorpie 'n moet."
"Greg gave us loads of local info, and we wanted to stay longer, especially the 16 km hike in the Cambedoo National Park, but alas they were fully booked the next night. Pizza at Mullers was second to none."
"It's a good place to rest when tired of driving and it was a suitable one."
"Baie mooi dorpie. Vriendelike inwoners en dorpie se strate is skoon. Die kerk is die hoogte punt en ons was bevoorreg om binne die kerk te gaan kyk."
"Ons is steeds in 'n lockdown en besighede gryp nie die kans aan om van toeriste se geld gebruik te maak nie. In Europa werk almal gedurende die seisoen hulle besimpeld om geld te maak. In Suid-Afrika is hul skynbaar bietjie lig in die broek. As die klok 13:00 slaan op 'n Saterdag sluit hulle hulle deure en steek eers weer Maandag hul neuse daar uit. Ek is gereed om te spandeer en my deel vir klein besighede te doen, helaas is hul skynbaar tevrede met wat hul het. Hou dan op met kla en steek hand in eie boesem."
"Die Vallei van Verlatenheid is die moeite werd om te besoek."
"Die Pioniers Restaurant is sentraal en osn verblyf was ook naby die Merino skaapsraadsgebou. Ons kom beslis weer en weer."