Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Puik kuierplekke in die dorp en 'n besoek aan die Vallei van Verlatenheid is 'n moet."
"Ons het vroegaand deur die buurt gaan stap - pragtige tuine en huise in 'n stil, vriendelike omgewing van die dorp. Daar is uitstekende 'coffee shops', pragtige geskenkwinkels en ook museums om te besoek. Die dorp het 'n tipiese skoon en rustige Karoo atmosfeer."
"Besondere dorp. Baie om te sien, asook in die omgewing. Het Nieu-Betesda se Uilhuis en fossiele baie geniet."
"Ons geniet die skoon en netheid van die dorp. Voel heel veilig. Geniet ook die omliggende areas."
"Graaff-Reinet 'n juweel in die Karoo verseker - voel of mens terug in tyd toer op 'n goeie manier."
"Ons kyk met nuwe oë na Graaff- Reinet. Defnitief nie net 'n deurry plek nie. Vallei van Verlatenheid en die Camdeboo beslis die moeite werd."
"If you intend eating at one of the 3 restaurants in the area during peak season, book a table when you book you accommodation."
"Beautiful town, rich in history. The restaurant quality is 5 star. Must visit Hello You and Our Yard when in town. The attractions like Valley of Desolation and Museums is a must see."
"Ons was nie lank genoeg in Graaff Reinet om 'n waardevolle opinie te hê nie, maar die dorpie het baie oulik gelyk."
"Graaf-Reinet het oulike winkeltjies en besienswaardighede kan jou gemaklik besig hou vir so 2 aande."
"Ons gaan deur Graaff-Reinet as 'n oorslaapplek op pad na Mosselbaai. Daar is plekke soos die Valei van Verlaatenheid wat 'n mens moet sien, maar ek persoonlik het nie baie belangstelling in oudhede en algemene geskiedenis nie. Mense wat dit meer waardeer sal daarby baat vind."
"Die dorp self bied nie veel nie maar die gasteplaas en Vallei van Verlatenheid is 'n moet besoek."
"Die dorp was baie besig en ons het selfs gesukkel net om brandstof in te gooi en vleis te koop. Mense was steeds vriendelik en bedagsaam."
"Die vallei van verlatenheid moet vir seker besoek word. Die "Windmill Junction" is ook 'n moet om besoek te word. Hulle bedien die heerlikste koffie en het 'n pragtige restaurant en winkel."