Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Voorheen was dit was 'n kunstenaarsmekka, maar hulle het meestal verdwyn."
"Ons het net 'n oornagplekkie gesoek en wou graag die kerk en die dorpie vir die 2 matrikulante gewys het."
"Pragtige dorp, Vallei van Verlatenheid 'n definitiewe moet-besoek. Pragtige kerk, lieflike restaurante, stap in die aand onder die sterre en ware Karoodorp-belewenis!"
"Ons het in die reën aangekom en kon net die dorp verken. Die beroemde Vallei van Verlaterheid en wildpark was toe onder die wolke en die park se pad 'n rivier. Hoop ons kry weer 'n geleentheid. 'n Pragtige dorp en omgewing."
"After staying at Pienaarsbaken, I read the history of Graaf-Reinet on Wikipedia. Fascinating. Especially the list of notable people. "
"Die dorpie kry al hoe meer moderne geriewe, maar die ouwêreldse sjarme bly behoue. Pragtige dorpie."
"Pragtige dorp met baie om te sien. Sal beslis langer wil oorbly in die toekoms om meer van die dorp te ervaar."
"Wens het meer tyd gehad om daar tyd te spandeer. Imelda en Beau het ons breedvoerig ingelig oor Graaf-Reinet. Baie interessant."
"'n Moet-sien vir elke besoeker aan Suid-Afrika, veral die historiese, ou kerk in die middel van die dorp."
"Graaff-Reinet is 'n historiese dorp, maar die agteruitgang sedert ek in 2016 daar oornag het was skokkend. Hou ons erfenis vir alle Suid-Afrikaners behoue."