Verified Reviews
Hartenbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartenbos
Rated 4.8 out of 5 based on 825 reviews.
"Die verkeer was baie erg. Baie vakansiegangers vir so 'n klein dorpie."
"Lekker vakansieplek wat baie besig raak oor kersfees en nuwejaar. Ons het ook van die geleentheid gebruik gemaak om na die Afrikaanse konserte toe te gaan. "
"Ons hou daar vakansie wanneer die geleentheid opkom en dis 'n baie lekker vakansiedorp."
"Goeie vermaak vir kinders en volwassenes. Glybane, skoon strande en oulike winkels met heerlike restaurante."
"So mooi en netjies. Die Kaap oor die algemeen is net soveel mooier en netjieser as waar ek vandaan kom."
"Hartenbos is wonderlik en die beste plek om vakansie te hou in die land. Die weer is wonderlik en die see is fantasties. Wonderlik en baie aangenaam."
"Hartenbos is beslis die mooiste, skoonste vakansie plek! Soveel so, ons sou dit ons permanente tuiste wou maak. "
"Hartenbos, jy het ons hart gesteel, sien jou weer! Baie dankie vir die herwinning wat so goed die dorp skoon hou!"
"Fantasties bestemming vir vakansie. Alles wat jy nodig het is in Hartenbos. Ideaal vir ouers met kinders oor die feesgety. Belangrik is dat Hartenbos uit verskillende areas bestaan, soos Voorbaai, Diaz Strand wat nie loopafstand van Hartenbos is nie. Ek dink dit is belangrik vir potensiële besoekers om te weet die ligging waar hulle verblyf gaan wees veral as daar kinders in die familie is wat van die fasiliteite van Hartenbos wil gebruik maak. "