Verified Reviews
Hartenbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartenbos
Rated 4.8 out of 5 based on 825 reviews.
"Dit is tans heeltemal te kommersieel. Hartenbos het so bietjie sy hart verloor. "
"Ons voel altyd baie tuis en veilig in Hartenbos en dit is menige kind se droombestemming."
"Hartenbos is die perfekte toeristebestemming. Naby die see en heelwat plekke om te verken. "
"If you don't know where to go for holiday, try Hartenbos. You won't regret it, the beach and mall is close, even schools for those who want to stay longer. "
"Absoluut 'n wonderlike plek om jouself en jou gesin te neem. Familie- en kleinkindervriendelik."
"Die nuwe winkelsentrum het iets van die nostalgie van Hartenbos weggeneem. Die een deel van die parkeerarea was ook oorstroom na die erge reënbui en motors kon beskadig geword het wat daar parkeer was. Hul sal moet plan maak vir as dit dalk weer gebeur. Ook snaaks dat die winkelsentrum deur die ATKV gebou is, maar daar is omtrent geen Afrikaanse winkels of kennisgewings hier nie, tensy ek dit heeltemal misgelees het."
"Hartenbos is seker een van die skoonste dorpies wat ek in 'n baie lang tyd gesien het. Alle persone, ongeag waar jy iets koop, bestel is baie vriendelik en help graag. Die lekkerste van alles hier praat ons nog Afrikaans."
"Hartenbos is ons go-to plek vir vakansiegangers en geskik vir enige familievakansie. "
"Baie pragtige, skoon plek met 'n magdom bedrywighede en net lekker om uit te span. "
"Hartenbos is a clean and safe holiday destination and has a variety of amenities to enjoy."