Verified Reviews
Hartenbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartenbos
Rated 4.8 out of 5 based on 825 reviews.
"Die nuwe kompleks in Hartenbos was perfek, veral met die Waterpark reg langsaan. "
"Bly maar een van die beste vakansieplekke. Hopelik is die ontwikkeling van ontspanningsgeriewe vir tieners binnekort voltooi. Ons het maar gesukkel om hulle besig te hou, aangesien die waterpark die gevoel gee dat dit meer vir die kleiner kinders bedoel is. Restaurante is altyd 'n wenner en die paar wat ons besoek het beslis aanbevole."
"Hartenbos is 'n lieflike dorp met vriendelike mense. Ons het die Boeremark wat op Saterdae gehou word baie geniet. "
"Hartenbos is 'n vakansieplek na ons hart - ons kan nie ons lewens sonder vakansies daar voorstel nie!"
"Die nuwe uitleg van die winkelkompleks en park aan die seefront is waarlik 'n belewenis wat aan alle ouderdomme se behoeftes voldoen. Opritte vir rolstoele en ons ouer garde tot glywurms vir die jonges."
"Soms wens 'n mens daar was 'n winkel nader om gou oor te hardloop vir 'n koeldrank, maar Hartenbos is 'n puik omgewing met baie om te doen."
"Pragtige dorp, voel egter soos die doodnormale 'elke-dag'-bestemming van my eie tuisdorp. Vakansie-gevoel ontwikkel egter sodra Mosselbaai in sig is! Waterfront is die enigste werklike pluspunt!"
"Die enigste teleurstelling is die feit dat daar 'n plakkerskamp op Diazstrand is en die strandlopers (vakansiegangers) aangerand en beroof word in die omgewing van die rotse. Lekker Afrikaanse en vriendelike gemeenskap. Ek sal dit geniet om daar te gaan bly of vakansie te hou. Die polisie moet net die misdadigers verwyder uit die omgewing."
"Ons kom al jare in Hartenbos en hoe die hele strandfront verander het is iets om aan gewoond te raak, maar dit is seker vir veiligheid so verander, maar vir kinders is daar nie meer soveel om te doen soos vroeër nie. 'n Mens word nou gedwing om Diaz toe te ry vir vermaak."
"As jy lief is om met hout te braai, bring maar jou eie, anders braai maar met charcoal."