Verified Reviews
Hartenbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartenbos
Rated 4.8 out of 5 based on 825 reviews.
"Ons het lekker gekuier! Winkels is fantasties! Baie dankie vir al die kinder aktiwiteite!"
"Baie veilige en skoon vakansiedorp en baie gerieflik met winkels naby as dit benodig is. Mooi strand en staproetes."
"Hartenbos het vir my sy vakansie-gevoel verloor met die moderne oprigting van die winkelsentrum."
"Bietjie min besienswaardighede en dinge om te doen. Bootritte nie beskikbaar buite seisoen deur die week nie en as daar te min mense is oor naweke word die ritte gekanselleer. "
"The grand kids went to the water park in Mossel Bay, only about 10 minutes drive from the unit. They loved it."
"Hartenbos is 'n lieflike vakansiebestemming met baie besienswaardighede om te besoek en 'n baie veilige strand en see om in te swem."
"Ek dink Hartenbos is die ideale vakansie bestemming vir enige gesin met kinders. Daar is so baie om te doen, die weer is omtrent altyd mooi en die mense is vreeslik vriendelik. Dit was ons derde keer in Hartenbos, en ons beplan al klaar weer om weer af te kan gaan soontoe. Ek sal Hartenbos enige tyd aanbeveel vir enige iemand wat n goeie vakansie bestemming soek."
"Lekker Afrikaanse atmosfeer. 'n Mens voel veilig, kuier lekker en ontspan heerlik. Hartenbos het ook baie oulike winkeltjies in die voorbaai, asook goeie restaurante. Geen rede om ver te ry nie. Die ATKV se waterpark hou ook kinders besig vir ure. Dit is 'n regte vakansiedorp, hoogs aan te beveel."