Verified Reviews
Hermanus
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hermanus
Rated 4.8 out of 5 based on 2247 reviews.
"Ons hou baie van Hermanus en omgewing. My kinders gaan ook elke jaar Hermanus toe. Baie mooi omgewing en naby Kaapstad."
"Hermanus is 'n wonderlike bestemming binne bereik van 'n klomp toeriste-aantrekkings. Daar is iets vir elkeen, hoewel die dorp self baie besig raak."
"Hermanus was pragtig. Vriendelike mense, goeie kos, mooiste natuur. Ons is baie lief vir die hele Overbergstreek."
"Die dorpie raak baie besig gedurende vakansietyd en veroorsaak 'n tekort aan parkering in die dorp. "
"Die dorp is nie so besig as wat ek kan onthou nie. Was 7 jaar gelede ook in Hermanus. "
"My eerste keer daar! Fantastiese, mooi plek. Vol oulike restaurante en straat kafees, kunsplekke, buitemark en oulike winkeltjies! Pragtige strande. My nuwe vakansieplek!"
"Ons is mal oor Onrus en Hermanus as vakansiebestemming. Ons bly in die noordelike voorstede van die Kaap en dit is ongelooflik om te dink dat ons slegs 90min ver is van een van die beste vakansiebestemmings in ons pragtige land!"
"Hang af wat jy wil gaan doen. Het slegte weer gehad wat nie regtig geskik was vir swem nie."
"Wat 'n wonderlike vakansiedorp. Dis pragtig met soveel om te doen en sien. Vakansie atmosfeer is uitstekend met ou hawe bedrywighede, straat kafeetjies en al die wonderlike tweedehandse boekwinkeltjies."