Verified Reviews
Hermanus
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hermanus
Rated 4.8 out of 5 based on 2247 reviews.
"We found it difficult in the beginning to drive around, till we eventually worked the streets out running in circles. Near Hermanus and Onrus."
"Sandbaai is sentraal geleë om maklik en vinnig by die hospitaal, middedorp, die hawe, die Mall en alle ander winkels, restaurante ens. uit te kom. Die omgewing is pragtig en veilig. "
"Sandbaai is beslis die plek om vakansie te hou, talle swem strande naby en veilig om te gaan stap enige tyd van die dag."
"Kan veilig voel in die omgewing en selfs in besige tye is daar baie spasie. Kan moontlik wees dat daar baie min sand areas en plek vir swem is. Ligging is baie goed en kan maklik beweeg na swemstrande. Kan self sover as Kaapstad besoek sonder dat dit te ver is."
"Hermanus is 'n juweel van 'n plek. Daar is soveel strande en swemplekke om te ontdek. Heerlik om fiets te ry. Baie staproetes. Wynproe, heerlike eetplekke. Ons love Hermanus!"
"Ons het persoonlik nie van Hermanus gehou nie, was net te besig oor die algemeen. Restuarante was vol en so ook die strande. Groot irritasie was die hoeveelheid honde op die strand? Ons het ook honde, maar is nie gemaklik met honde op die strand nie! Ons het Hermanus besoek ondat ons miskien 'n eiendom daar wou koop, maar het nou daarteen besluit."
"Hermanus is 'n asemrowende plek. Baie mooi, baie skoon en baie veilig. Sal enige tyd weer daarheen gaan."
"Dit is net die mooiste plek in die Kaap. Daar is net iets besonders aan Hermanus. Ocean Basket se porsies vis is ook baie klein, en die stirfry veg kom uit 'n gevriesde pakkie uit. Verder is Hermanus een van my gunsteling toerismebestemmings - sou langer daar wou bly maar is 'n bietjie bo wat ons kan bekostig, "
"Ons sal Hermanus weer in die toekoms besoek maar moontlik volgende keer langer daar vertoef."
"Hermanus is die beste vakansiebestemming vir ons as gesin...hou al laaste 7 jaar net in Hermanus vakansie."