Verified Reviews
Hermanus
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hermanus
Rated 4.8 out of 5 based on 2247 reviews.
"Hermanus is 'n ideale naweekweg / vakansiedorpie en ek het die mark baie geniet, veral die omie op sy klawerbord met sy rustige stem."
"Die wêreld daar is pragtig. Ek sal enigeen aanbeveel om kwaliteittyd daar deur te bring. Ongeag of dit 'n gesin of twee verliefdes is."
"Dit was ons eerste keer dat ons in Hermanus gebly het en wat 'n lekker plekkie. Dit is 'n lieflike skoon, vriendelike, gasvrye dorp. Gaan beslis baie meer van my sien!"
"Ek ken Hermanus en dit is altyd een van die beste plekke om te kuier en te besoek."
"Die mooi straatnaambordjies en oulike wandelroete voor ons oornagplek het ons beïndruk. Die walvis wat ons van die ontbyttafel kon sien was 'n bonus!"
"Ek het voorheen permanent in Hermanus gewoon, en na 6 jaar die eerste keer weer voet in Hermanus gesit. Op een of ander manier het die mense van Hermanus dit reggekry om die dorpie te laat vooruitgaan sonder om die uniekheid en "kleindorpie gevoel" van Hermanus skade aan te doen. Hermanus is my eerste vakansie opsie bo enige ander plek."
"Whalewatching, whalewatching, whalewatching! The stories are true, you see them everywhere in the ocean. Not just 1, but 10-20 per day!"
"Hermanus is nou maar eenmaal net n lekker vakansie dorp. Ons was al voorheen daar en die rustigheid, die skoonheid van die natuur asook die netheid van die dorp maak dit 'n uitstekende vakansiebestemming."
"Perfect setting, enjoyed the walk along the beach and the friendly people."
"Sandbaai is sentraal gelee vir besoekers aan die Hermanus area. Dit is stiller as die gegons van Hermanus self. Daar is baie om te doen en sien in die onmiddellike omgewing."
"Strande, winkelsentrums en besienswaardighede is maklik bereikbaar op uitstekende paaie. Vir vroulief was ons besoek aan die Wonderland Kwekery/tuinsentrum 'n hoogtepunt."
"Sanbaai is 'n heerlike en rustige vakansieplekkie naby aan die strand en als wat jy nodig het. Een van ons land se weelde."