Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11906 reviews.
"Oor die jare was die dorp bloot 'n oornagplek. Slegs eenkeer het ons die tyd geneem om die besienswaardighede te verken - en dit was baie interessant. "
"As jy tyd en 'n hoë voertuig het, ry gerus die Onder-Kouga sirkelroete, dis 'n pragtige omgewing!"
"Daar is pragtige plekke om te besoek. Reinet Huis is 'n museum op sy eie en die vetplantversameling by Obesa is om van te droom."
"Al ons vriende wat al daar was, het dit baie sterk aanbeveel en so sal ons ook doen. Baie dankie."
"'n Interessante dorp met goed-toegeruste museum en ander besienswaardighede asook goeie restaurant en winkeltjies wat toeriste lok."
"Daar is heelwat blyplek en natuurlik die Gariep Forever Resort. Daar is ook 'n pragtige hotel wat uitkyk oor die dam met baie bekostigbare ontbyt. "
"Saterdagoggend plaasmark vir vars produkte, kan bemark word vir toeriste, in die hitte kon ek nie 'n roomys of tuisgemaakte gemmerbier kry nie, mense baie gaaf en vriendelik, plekke kan beter doen met spyskaart wat buite is."
"Gariepdam is 'n pragtige plekkie met genoeg te doen vir enige watersportliefhebber. 'n Rit oor die damwal is natuurlik 'n moet-doen. Die area rondom die dam met uitsigpunte is goed versorg en geriewe netjies. Ons het aandete by "Tjailatyd" geniet en hulle hoef geensins terug te staan vir 'n stadsrestaurant nie. Besoek gerus hierdie oulike dorpie. "
"Besoek gerus hierdie dorpie en spandeer genoeg tyd daar om alles waar te neem."
"Die perkfekte oornag dorp. Dorp was mooi skoon en mense vreeslik vriendlik. As jy hou van rustig wees en die natuur bewonder sal mens maklik vir 'n week hier kan vertoef!"
"Prins Albert is 'n pragtige dorpie en almal behoort dit te besoek. Ek sal weer gaan maar seker maak dit is oor 'n naweek wanneer daar 'n goeie produksie by die pragtige teater is."