Verified Reviews
Knysna
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Knysna
Rated 4.7 out of 5 based on 1335 reviews.
"Daar is nie swemstrande nie. Die naaste een is Buffelsbaai of Plettenbergbaai. "
"Knysna is interessant en vol verrassings. Gewone mense in winkels gaan uit hul pad om mens van diens te wees."
"Leuke toeristische plaats om leuke uitstapjes te maken. Waterfront heeft leuke shops met veel restaurants."
"Upper Old Place is nie noodwendig 'n toeristebestemming nie, maar vorm deel van die groter Knysna wat 'n wonderlike toeristebestemming is met talle lieflike plekke om te besoek. Die Vrydagaand mark van die Montesori Skool is 'n moet! Brenton, Sedgefield met Saterdag mark, Plettenbergbaai en Buffelsbaai is in 'n radius van 80 km bereikbaar. Voorwaar die middelpunt van 'n menigte interessante vakansie-aktiwiteite!"
"Dit was die eerste keer dat ons in Knysna oornag het. Dis 'n pragtige dorpie. Ons was net verbaas dat daar nie 'n filmteater op die dorp is nie, maar dalk het ons die grootte van die dorp net oorskat in die verlede. "
"A very quiet and safe place, close to all places of interest and of course shopping."
"Die ligging en beeld van Knysna is perfek. Idillies en regtig 'n voorreg om te besoek. Ten spyte van die brande wat soveel skade aangerig het, was dit 'n prentjie mooi plek om by te gaan vakansie hou. Al die nabygeleë toeriste aantreklikhede het werklik gesorg vir 'n vol dag elke dag. Ons sal vir seker weer in Knysna en omgewing wil gaan vakanasie hou."
"Fantasties! Volgende jaar koop ek eiendom daar .Knysna is 'n fantastiese dorp."
"Baie jammer oor die verwoestende brande se effek op die pragtige natuurskoon."
"Hierdie was ons eerste besoek in Knysna en was aangenaam verras oor die gasvryheid wat die dorpie bied. Daar is ook baie om te doen by die Waterfront en bied ongelooflike geleenthede vir toeriste aan om die aptyt van lewenslus aan te wakker! Ongelukkig is die mense by Spar op die dorp nie baie vriendelik nie, maar andersins het ons 'n goeie ervaring van die res van die dorp ontvang in die kort tyd wat ons gebly het."
"Dis ons grootste hoop dat als sal wel loop na die vreeslike brand tragedie."
"Die Knysna Vleie vorm sedert 2009 deel van die Garden Route National Park. Die staproetes in die Inheemse Woud is magies. Toeriste kan dit gerus meer ontdek."
"Voel net jammer vir die brand wat plaasgevind het. Kry die boere so jammer. "