Verified Reviews
Knysna
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Knysna
Rated 4.7 out of 5 based on 1335 reviews.
"Dit is 'n mooi en stil area met pragtige uitsigte oor die strandmeer en die koppe. Beslis die moeite werd."
"Knysna se mense is vriendelik en nie eers die verwoestende brande kon die gasvryheid demp nie."
"Dis baie hartseer om die area na die verwoestende brande te sien, maar dit maak 'n mens opnuut dankbaar vir alles wat ons het en die mooi wat ons kan geniet. Knysna sal weer mooi wees. "
"Die middedorp is altyd lekker gesellig en daar is allerhande doendinge, winkels en restaurante om te besoek."
"Somervakansie met heerlike warm weer, naby die see en gerieflik naby winkels en eetplekke. Veilige en stil woonbuurt."
"Ten spyte van die onlangse brande bly Knysna 'n gewilde toerisme-bestemming en die areas rondom die waterfront is onaangeraak. Die dorp se aanwysings na besienswaardighede kan egter opgeknap word. Weens die swaar verkeer is dit moeilik om in die strate te navigeer en kan mens nie sommer omdraai as jy 'n afdraai gemis het nie."
"Al het meeste van die natuur weg gebrand was dit steeds 'n wonderlike ervaring. Uitsig en sonsondergang was onbeskryflik mooi!"
"Pragtige plek en soveel om te doen. Die voer van die olifante was besonders en om in die bos te stap was onvergeetlik mooi. Bootrit is absoluut 'n moet."
"Hilton Court is 'n wow plek in Knysna, die perfekte wegbreekpakket, natuurskoon en al die bogenoemde terugvoering ingesluit. Alles is loopafstand om binne Knysna te ervaar. Die mense is verskriklik vriendelik en dit is een van die min plekke waar voertuigbestuurders nog vir jou stop as voetganger, asook ander drywers voorkeur gee om te ry. Die plek is 'n stukkie goud wat n mens weer laat waardig voel en menswees 'n nuwe ervaring gee. Genoegsame dinge om daagliks en saans te ervaar "
"Knysna het 'n groot verkeersprobleem (selfs in die effense afseisoen). Die enkele toegangs- en deurpad is ontoereikend. Andersins skep Knysna en al die toerismebedrywighede 'n kleurvolle prentjie. Ek kan verstaan hoekom so baie die bestemming aanloklik vind!"
"Daar is 'n groot verskeidenheid aktiwiteite om aan deel te neem en restaurante om te beproe(f). Die omgewing is baie mooi en rustig."
"Knysna central is a fantastic hub and caters to every tourists needs."
"Die hoofroete deur Knysna is baie stiller a.g.v. die waterfront en 'n mens kom dit dadelik agter versus vorige jare. Restaurante baie duur in waterfront. "