Verified Reviews
Leeupoort Vakansiedorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Leeupoort Vakansiedorp
Rated 4.6 out of 5 based on 241 reviews.
"Die paaie is nie goed nie. Nie 'n goeie winkelervaring gehad nie. Wildspaaie is nie duidelik gemerk nie. 4x4-roete behoort 'n duidelike aanwysing te hê."
"Die diere wat deur die permanente inwoners gevoer word veroorsaak dat hulle geniepsig raak met die gaste wat aangesê is om hul nie te voer nie, waarmee ons 100% saamstem. Ons was met tye te bang om buite te sit, omdat van die diere op ons afstorm indien hulle agterkom ons gee nie vir hulle iets te ete nie. Ek sal voorstel dat die permanente inwoners ook nie die diere voer nie. Ons het so byna 'n insident met 'n kudu bul en 'n vlakvark beer gehad. Daar kan eerder sout lekke of water gebruik word om die diere te lok. Die paaie in die dorp is bitter moeilik begaanbaar sodra jy van die "hoofpad" afdraai om by jou akkommodasie uit te kom. Daar kan gerus aandag geskenk word aan die paaie. Die besige pad was ook nogal 'n steurnis veral in die aand om die braaivleis vure wanneer mens die stilte van die bos wil waardeer, maar verstaan ook dat niemand iets daaraan kan doen nie."
"Small, very friendly community! I especially appreciated the lady at the veggie shop being friendly and helping us on a Sunday afternoon past business hours! Great place. Everyone needs to see this town."
"Die vakansiedorp is besig om agter uit te Gaan. Karavaanpark is in 'n absolute swak toestand en onhiegiens. Karavaanpark moet aandag kry en selfs die paaie in die uitbreidings is in n swak toestand. Die huise is hopeloos te opmekaar wat beteken die erwe is te klein. "
"Die beste plek as jy graag wil rus en interaksie met diere wil beleef! 'n Moet vir elke gesin!"
"Kort dalk meer swem-areas. Paaie het heelwat spoelskades gehad (bietjie erg vir 'n sedanmotor) as gevolg van sikloon Helios, maar was nogtans rybaar. Die oord se aanduiding na waar die reservaat is kort dalk "bietjie aandag". En uitleg van paaie/roetes in reservaat."
"Dit was my eerste besoek aan die dorp en ek is baie beïndruk met hoe skoon die dorpie is."
"’n Besonderse bederf weg van alles af. Definitief my gunsteling vakansieplek. Veilig en skoon met baie diere en vriendelike mense."
"Die geriewe op die terrein is ook baie netjies en skoon. Dit sluit in die kroeg, restaurant, winkel, drankwinkel asook die slaghuis. Die vriendelike personeel is ook baie behulpsaam. Al die geriewe word regtig goed in stand gehou. Die koeltebome by die swembad is 'n regte lafenis. Die biltong en droë wors by die slaghuis is van baie hoë gehalte. Ek het self 'n paar honderd rand se biltong saam terug gebring. Vir diegene wat op soek is om vir 'n slag weer in die natuur te wees, is hierdie die plek."
"Dit is 'n belewenis. Diere so mak eet uit jou hand uit. Bring jou weer nader aan die natuur."