Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2367 resensies.
"Baie om te doen in Rust De Winter. Ons het die Mystic Monkeys and Feathers Wildlife Park asook die dam besoek "
"Dit is gewoonlik ons bestemming vir 'n langnaweek. Son, natuur en skoon lug. Wat meer kan ons stadsjapies vra."
"Mal oor Naboomspruit, was nou al by twee verskillende plekke in Naboomspruit en altwee die moeite werd!"
"Bela-Bela is baie gerieflik naby aan Pretoria wat dit 'n uitstekende area maak vir kort wegbreke met klein kindertjies."
"Dit is skoon, gerieflik, veilig en die atmosfeer is vriendelik en rustig. Hou dit so!"
"Apart from the hot springs, not much else to do in the town itself. Interesting stalls and markets on the outskirts though. A good place to relax and unwind."
"Ons was by die Canopy Tours. Baie goeie ontspanning en gidse."
"Asemrowende natuurskoon - wanneer dit mistig is of wanneer die son skyn. Daar is orals heerlike grondpaadjies om te ry. Minki's coffee shop and Deli in Haenertsburg en Yum Yum Deli in Tzaneen is baie lekker."
"Magoebaskloof is 'n wonderlike bestemming en meer mense moet soontoe gaan. Dis rustig en mooi en die mense is baie vriendelik en die kos is ongelooflik lekker!"
"'n Naweek is net te kort, buiten die pragtige groen natuurskoon is daar verskeie interessante winkeltjies in die dorp en omgewing wat ons graag sou wou besoek. Volgende keer bly ons so ekstra dag of twee."
"'n Mooi bestemming met heelwat om te doen en te sien. Dit word bewoon deur vriendelike en hulpvaardige mense."
"Vrek warm gewees maar baie oulike dorp met baie vriendelike mense! Ek dink dit sal baie interresant wees om wildsveiling by te woon. Nooi my asseblief."
"Dit is warm, bring swemklere. Die mense is vriendelik, lyk vir my almal ken almal en help graag. "
"Pragtige plekke om te besoek, te bly en te gaan stap. As jy van die natuur hou, sit dit op jy lysie as 'n plek om te besoek."
"Naboomspruit oor die jare is nog altyd 'n knus dorpie waar jy van 5-ster-verblyf, die Groot 5, kamp tot visvang kan beleef. "
"Die inwoners en winkeleienaars van Bela-Bela is baie, baie vriendelik en behulpsaam. Daar is baie aktiwiteite vir oud en jonk om mee besig te bly. "
"Ek is "geconvert" van die see af en sal eerder Modimolle besoek van nou af. Is nie so ver nie en mens rus verseker meer uit. "