Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Daar is baie deurloop van voetgangers. Dit word aanbeveel dat voertuie ordentlik gesluit word en kosbare artikels veilig gebêre word. Die wild wat mak rondloop tussen besoekers bly 'n groot trekpleister."
"Sal Marloth beslis aanbeveel. Ons geniet die diere vreeslik baie. Baie gerieflik naby aan die Kruger Wildtuin."
"Die park het iets vir almal en drie uitstekende restaurante. Die waterpark vir kinders en verhitte swembad was ook puik. "
"Although it was very busy, you could still relax and listen to the lions roar at night. Lots of animal sightings from Seekoei Road (Kruger National Park)."
"Die naaste wat jy kan kry aan 'n Wildtuin-ervaring. Die paaie kan wel bietjie aandag kry. Dit is 'n bonus dat dit so naby aan die Wildtuin se Krokodilbrughek is."
"Dit was ons eerste keer in Marlothpark en ons was verras. Dit was die lang rit werd. Paaie is toeganklik vir enige voertuig, maar besoekers met lae voertuie moet versigtig wees."
"Marloth Park is 'n heerlike bestemming, maar ons dink dat die sekuriteit by die hek opgeskerp kan word. Enigiemand kan maklik in of uit gaan sonder om deursoek te word en dit het ons ietwat onveilig laat voel. Veral omdat die plek so naby die trust gebied is. Die Lionspruit Park kort 'n bietjie aandag. Dit is vreeslik bebos en mens kan skaars iets sien. Gelukkig is dit naby aan die Kruger Wildtuin, so as mens wil wild kyk gaan maar eerder soontoe. Verder is dit 'n baie lekker bestemming en sal ons graag weer daar gaan kuier. "
"Marloth Park is the perfect place to base your trip to the Kruger. There are 2 small, but well-equipped supermarkets, a gas station, several restaurants, and a couple of bottle stores - everything you would expect in a village, but most of the properties are hidden in the bushes - it's a truly unique destination."
"Baie lekker ondervinding, met mak wild en wonderlike natuur en uitsig op Krugerpark Krokodilrivier!"
"Baie mooi omgewing van ons land en verskeie dinge in die omtrek om te doen."
"Pragtige, rustige plekkie om te ontspan. Ek gaan reeds vir die afgelope 4 jaar daarheen met verlof. Net jammer mens moet Komatipoort toe ry vir aankope omdat die winkels in Marlothpark so belaglik duur is."
"A lot can be done to enhance the experience: clean the roads around the shopping centres, stop the speeding, many homes look like scrap yards with all sorts of rubbish just lying around. "
"Hierdie is 'n plek met ongelooflik baie potensiaal. Ek besoek dit al 'n geruime tyd op 'n gereelde basis en dis vir my nogal teleurstellend dat dit lyk asof die infrastruktuur baie agteruit gaan."
"Besoekers aan Marloth moet vooraf hulle vergewis van al die moets en moenies van die park. Die diere binne die park loop vry rond en lyk baie vriendelik, maar is nog steeds wilde diere. Die besoekers moet weet dat hulle die diere se blyplek betree en moet hulle daarvoor respekteer en aan die diere voorkeur gee. Absoluut fantastiese plek vir 'n stil bos vakansie."
"Ideale ligging om die Kruger en omliggende dele te verken. Lekker gemeenskap om mee te kuier."
"Ons gaan gereeld en het by paar plekke al oor geslaap, maar sal nie die plek sommer aanbeveel nie."
"Friendly community and convenient shopping around the corner. Beautiful place and a must see."