Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Unfortunately Marloth Park was hit with some crime over the Easter Week-end, which did spoil what people were trying to enjoy."
"Marlothpark bied baie vir die gaste aan en is ook naby om dagbesoeke in die Krugerwildtuin te gaan doen."
"Al die personeel, inwoners en die sekuriteitspersoneel was baie vriendelik en behulpsaam. Aanbeveling: Strenger kontrole by die hekke."
"Gaan al jare na Marlothpark, my enigste negatiewe waarneming is dat daar hopeloos te veel huis nou is, wat meebring dat daar baie minder diere is om te sien, 'n groot fout."
"Die park was ongelooflik besig oor Paasnaweek, maar soos altyd het ons dit terdeë geniet. Pragtige olifante by die rivier gesien. Elke besoek aan Marloth is vir ons kos vir die siel."
"Hemel op aarde. Wens net die mense wil nie so vinnig ry in Seekoeistraat. Kinders het ook die supertubes baie geniet by the Bush center."
"Marloth is vir my baie aangename plek om te besoek, het nog nie probleem ervaar nie. Sien uit na volgende kuier."
"Ideale plek om oor te slaap as die Krugerwildtuin te bedrywig is vir jou smaak, maar jy tog in die wildtuin wil besoek aflê."
"Ek sal weer Marlothpark toe gaan, maar ek weet nou waar om van die beste verbly te kry teen billike pryse."
"Marloth Park is a lovely place to visit I just feel people should be held responsible for renting out such disgusting places"
"Het al menigmaal Marlothpark besoek en het al verskeie huise gehuur en dit is vir ons heerlik om Marlothpark toe te gaan en die handewerk van ons skepper naamlik die natuur en die diere, asook die rustigheid in te drink en net weer tot verhaal te kom na die gejaag in die stad."
"Marlothpark bly een lekker rustige plek as jy wil ontspan en die natuur wil geniet en ook baie diere om te sien en die oulikste vlakvarke ooit."
"Baie mooi. Grond paaie kort bietjie aandag. Mak wild. Vriendelike diens by al die besighede."
"Diere soos bokke, blouwildebeeste, kameelperde volop in park. Baie stil, weg van hoofroetes en daar is alles (winkels) wat nodig is. Nie baie vermaak vir jong kinders nie, maar ideaal vir ouer paartjies. 3-5 dae ideaal. Krugerwildtuin net oorkant rivier, hek, (Krokodilrivierhek) 12 km weg. "
"Ons sal beslis weer daarna toe gaan as ons 'n rustige atmosfeer soek en sal lekker as familie saam kan kuier."