Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Fantastiese alternatief vir die wildtuin. Ons het soveel diere gesien nog voordat ons eers in die wildtuin ingegaan het."
"Marloth Park is beslis 'n bestemming vir bosliefhebbers. Die winkels het alles wat jy nodig het en pryse is billik."
"Dis 'n pragtige dorp en baie sentraal geleë in terme van besienswaardighede. Dis net vreemd dat die Inligtingsburo sluit op vakansiedae en naweke, wanneer toeriste die dorp besoek."
"Die oulikste dorpie met die mees interressante winkeltjies wat 'n mens net nie genoeg van kan kry nie! Die mense is so vriendelik en die beste is dat dit so dierevreindelik is - daar was verskillende winkeltjies wat waterbakke buite gehad het vir die honde wat verby kom en water wil drink - oulik!"
"In af seisoen is Marloth Park 'n diamant, maar daar kan gesien word dat hy ontdek word meer en meer mense kom vind hulle herlaaïng hier."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Panorama Guest Farm"Die hele Laeveld area, insluitende Sabie, Graskop, Pelgrimsrus omgewing, Kaapse Hoop & Barberton vorm saam 'n groot aantrekkingskrag!"
"Marloth Park bied 'n unieke ervaring naby die natuur en wilde diere. Vanaf die opwinding van 'n besoek deur 'n Kudu of Zebra op jou voorstoep tot die stille rustigheid van die natuur en skepping. Vir die avontuurlus is daar baie plek vir stap en fietsry in die natuur en tussen die diere. Die grensdraad langs die wildtuin af en 'n paar lieflike uitkyk punte bied jou die geleentheid om van die wildtuin van nader te aanskou tydens 'n heerlike piekniek of skemerkelkie."
"Die park is gerieflik in die sin dat jy kan rondloop en al langs die heining die diere in die Wildtuin kan besigtig. Die instandhouding van die paaie is na ons mening nie goed nie: veral by die tweede ingang na die winkelsentrum. 'n Goeie skraap sal verhoed dat jy jou kar menigmale onder stamp. Verder die afwesigheid van 'n kaart, maak die volle benutting van die park 'n mors aangesien ons nie bewus was dat daar 'n privaat wildskamp is waar leeus ens. aangehou word nie (of so hoor ons). Die rondsit van werkers wat stukwerk soek, is nie 'n gerustellende faktor nie. Dit maak my glo dat daar weinig sekuriteit toegepas word. "
"Marloth Park is 'n rustige omgewing waar mens die natuur kan geniet en selfs 'n bietjie gaan stap of fietsry in 'n veilige omgewing. "
"Dullstroom op sigself nie ingerig vir groot groepe mense veral by die restaurante. Swak diens."
"Park should issue a temporary access pass/sticker to display to occupants. Every entry you are required to complete access control book - not on exit?"
"Die potholes is nogal erg, so indien mens 'n bakkie het is dit beter om daarmee te reis. Die pad na Sabie was heel goed gewees. "
"Baberton self is vir my nie toeristevriendelik nie. Die paar museums en Geo trail is basies al wat daar is. Eetplekke is ook onder verdenking en ons het uit gery na die Boskombuis om iets te eet."
"Die mense is nie baie vriendelik nie. Hulle kan upgrade op hulle resturante. Die bakkery het die heerlikste gebak. Wakkerstroom is 'n rustige plek, ook netjies en skoon. "
"Lots of interesting places but far apart from each other, travelling requires. But nice places."
"Baie rustige plek om te kuier, dis net die winkeltjies binne Marloth Park wat baie, baie duur is."