Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Namaqualand

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1086 resensies.

Kamieskroon, Namakwaland

Kroon Lodge

"Vriendelike dorp, die omgewing was mooi veral dat die blomme siesoen was."

Namakwaland

Grootvalleij Farm - Sonvanger

"We were a week or two too early for the big flower display but we saw a lot of flowers already. You must experience Namaqualand at least twice in your life."

Kamieskroon, Namakwaland

Gousblom Gastehuis

"Kamieskroon is 'n baie nice dorpie. Al wat bietjie gepla het is dat omtrent al die plekke toe is op 'n Sondag. Maar kon darem koffie kry by 'n winkeltjie in die hoofstraat. Eienaar is baie behulpsaam en vriendelik."

Namakwaland

Groenriversmond Farm Accommodation

"Dit is 'n pragtige deel van ons land, en nie net vir die blomme nie."

Springbok, Namakwaland

Liefland Cottages

"Besonderse wêreld - mens kan jouself amper verbeel dat die land se probleme nie daar uitkom nie! Asemrowende landskap en 5 sterre vir toeristebestemming as jy soek vir afskakel en rustigheid."

Springbok, Namakwaland

Nettie's Overnight Accommodation

"Springbok is 'n baie oulike dorp."

Kamieskroon, Namakwaland

Kroon Lodge

"Pragtige natuur maar die dorp se infrastruktuur, veral die paaie, toon duidelike tekens van erge verval."

Springbok, Namakwaland

Elkoweru Guest House

"Goeie ligging vir oorslaap."

Springbok, Namakwaland

Mountain View Guesthouse

"Dit was ons gevoel dat almal in Springbok vriendelik is. Van die petroljoggie tot die mense in die Spar en die Nando's, tot die waterhandelaar en die gastehuispersoneel. Springbok is 'n juweel."

Kamieskroon, Namakwaland

Verbe Farm - Letjie's House

"Unique part of the country that you will appreciate more if you go off the beaten track."

Springbok, Namakwaland

Arendsnest

"Alhoewel dit beurtkrag was, was die museum oop en ons kon dit besoek. Dit was Vrydag, einde van die maand en die dorp was vol. Daar is pragtige ou geboue en gedurende blommetyd kan ek net dink dat die omgewing baie mooi moet wees. Ons het gesukkel om 'n outentieke plek te kry om ontbyt by te gaan eet en moes maar tevrede wees met Wimpy. Ek kan nie genoeg luister na hoe die Springbok se mense praat nie! Jy hou of van daardie wêreld of nie. Ek sal maklik vir 'n week daar gaan kuier, terwyl my mede-reisigers net so gou as wat kon, wou aanry huis toe!"

Springbok, Namakwaland

Nettie's Overnight Accommodation

"Ons was nie lank genoeg in Springbok om dit regtig te kon beleef nie. Maar ons het by Tauren's Steakhouse gaan eet en dit was baie aangenaam gewees. Voorgestel deur Nettie. So die sterre is seker maar vir die een aandete. Baie vriendelike mense waarmee ons te doen gehad het. En heel lekker geëet."

Springbok, Namakwaland

Krymekaar Cottage

"Klein plekkie - vir seker 'n bestemming om te gaan rus."

Namakwaland

Jakkalswater Gasteplaas

"'n Baie lekker area om te besoek."

Springbok, Namakwaland

Krymekaar Cottage

"Ons sal weer hier wil oorbly op pad na Namibie. Dit is die beste halfwegstop of as mens wil wegbreek van die stad se malligheid."

Springbok, Namakwaland

Chef's @ 6 Selfsorg Eenhede

"Sy strate is in 'n baie swak toestand."

Springbok, Namakwaland

Chef's @ 6 Selfsorg Eenhede

"Het nie Springbok as sulks besoek nie. Dit is egter baie goed geleë vir verblyf indien mens reis na Namibië of blommekyk."

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Ek sal vir seker weer Springbok toe gaan in die toekoms. Dit was 'n ongelooflike ervaring."

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Die dorp Springbok het ons nogal verras, meer funksioneel tussen die koppe as wat ons verwag het. Dit was net 'n oornag plek, het nie die omgewing verder verken nie."

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Chaotiese strate en verkeer, maar vriendelike mense."

Namakwaland

Noordoewer Self Catering Chalets

"Wonderful in flower season but long straight roads otherwise."

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Tipiese Namakwalandse omgewing met goeie winkels."

Springbok, Namakwaland

Nettie's Overnight Accommodation

"Small town and not much to do but other little towns are in close proximity."

Namakwaland

Noordoewer Self Catering Chalets

"Noordoewer is 'n pragtige omgewing."

Kleinsee, Namakwaland

Spoelklippie Gastehuis

"Enige negatiewe kommentaar: paaie om Kleinzee nie goed nie, maar die mense in Kleinzee en Port Nolloth so vriendelik en behulpsaam."

Springbok, Namakwaland

Chef's @ 6 Selfsorg Eenhede

"Vir die tyd van die die jaar was daar nie veel te sien nie, maar dit bly lekker om daar te wees."

Blad
Blad 7 - Wys 181 tot 210
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang