Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 3232 reviews.
"Die dorp en die omgewing is mooi. Die swemstrand is gevaarlik, maar Kaap Vidal het 'n pragtige mooi strand. Dis ook 'n mooi pad soontoe."
"Heerlik in die winter, wanneer daar nie te veel mense is nie. Ons sal nie graag in die somer daar wil vakansie hou nie - te veel 4x4's trekkers en bote op die strand. Lang wit strande om op te loop. Die duikers het dit baie geniet, en ons het ook gaan snorkel en visvang. Fantastiese ervaring."
"Rustige kusdorpie wat sentraal geleë is vanaf vele besienswaardighede en aktiwiteite met veilige strande en goeie restaurante."
"Good place as a travel destination close to Durban. Lovely beach. 5 star holiday destination."
"Genoeg om te doen as mens wil besig bly en ook perfek om net te ontspan en te vergeet van die gejaagde lewe. "
"Een van ons land se top-natuurbestemmings - dis hoekom ons so dikwels besoek aflê!"
"Die winkelsentrum, Tiffany's, het heerlike restaurante en winkels en is gerieflik naby die akkommodasie."
"Baie mooi omgewing met vele winkels en restaurante. Mooi strande en baie toeganklik."
"Baie mooi strand, die lewensredders is baie vriendelik, my seuntjie van 2 jaar het sy vinger by die rotse gesny en hulle was baie hulpvaardig en vinnig pleisters op die toneel gehad. Baie dankie daarvoor! Die sambreel en stoele diens is ook fantasties - hulle is so flink en vinnig en dan nog vriendelik ook! Oor die algemeen 'n baie lekker strand wat baie familie vriendelik is!"
"St. Lucia is 'n baie verrassende dorpie. Die krokodille en seekoeie wat oral is was onverwags en baie opwindend!"
"Baie lekker vir 'n rustige vakansie, sal gereeld nou daar vakansie hou maar sal vervelig word vir jongmense."
"Ek is versot op St Lucia. En nou dat die mond oopgemaak word sal die visse terugkeer en dan is ons weer daar elke jaar! St Lucia bly die beste plek om te rus en te "destress". Veilig daar en te lekker!"
"Cape Vidal was awesome and is a must for every one visiting this area, the boat trip up the St Lucia Estuary was also very pleasant."
"Baie oulike vakansiedorpie. Die rustigheid word bietjie verbreek deur die teenwoordigheid van die myn op die dorp."
"Because it is close to King Shaka Airport, it is ideal for staying in. There is also a nice selection of restaurants."
"Uitstekende bestemming aan die Natalse kus sonder die toestroom van massas mense. Dis stil met pragtige strande en swembaddens. Dit sluit ook tennis, muurbal, staproetes, fiets en gimnasium in."