Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Fantastiese dorpie. Bietjie min winkels. Maar dis die regte plek as jy net wil gaan rus. Sal graag weer wil gaan kuier."
"Upington beskik oor al die basiese geriewe waarvoor 'n "in - transito" reisiger of vakansieganger sou soek of 'n behoefte aan mag hê. Dit is egter teleurstellend om te sien hoe die eens nasionaal bekende en eweneens gewilde "Die Eiland Oord" agteruit gegaan het weens verwaarlosing en 'n absolute gebrek aan instandhouding van die basiese geriewe deur die Plaaslike Owerheid. Die toestand van die roete-aanwysers met aankoms of vertrek uit Upington is 'n skande. Dit is absoluut onleesbaar!"
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Dis Al! Akkommodasie"As jy daarvan hou om unieke plekke en hul mense te verken, kom pak hier af. Luister na die vele Weskus verhale van diamante en skeepswrakke soos net hulle dit kan vertel. Daar is tale kleurvolle karakters wat legendes in hulle eie tyd geword het wat hulle stories graag met jou sal deel."
"Dit is die derde keer wat ek in Springbok kom om blomme te kyk, maar weereens baie teleurgesteld omdat 2017 géén blomme gehad het nie weens die geweldige droogte. Die Goegap Natuurreservaat is werklik 'n besoek werd, droogte en al en het pensionaris-afslag. Kan my indink hoe pragtig die berge sal wees met 'n blommeprag wanneer daar voldoende reën geval het. Die paaie na die Skilpad Natuurreservaat word glad nie in stand gehou nie wat 'n groot jammerte is. "
"Sal nie sê daar is iets vir toeriste nie. Maar dis 'n goeie oornag vir ry tussen Kaapstad en Johannesburg."
"Ek het dit baie geniet en sal definitief weer gaan kuier. Sal dan ook bietjie langer wil bly."
"Colesberg is 'n lieflike halfweghuis om oor te slaap tussen Johannesburg en Kaapstad. Ek het nie goeie karma met Beaufort-Wes nie, so ek sal liewers in Hanover of Colesberg oorslaap. Die Travalia Plaasstal was heerlik om by te stop, lekker koffie en springbok-kerrie gehad, en heerlike verskeidenhede van biltong en droë wors gekoop vir saamvatgeskenke. "
"Lovely parks and well-maintained tourist sights in the area. Very quiet and peaceful and the area feels very safe to be able to walk around in the evenings."
"El Toreo Park lyk na 'n relatief nuwe uitbreiding, baie lekker geleë naby die Gariep hospitaal sonder dat mens deur die dorp moet ry as jy daar by 'n dokter of die hospitaal moet wees. "
"Nie regtig tyd daar kon spandeer nie, maar dit lyk na 'n goeie vakansiebestemming."
"Sien dit meer as 'n oornag dorp vir die toeris. Daar is nie baie anders te sien/doen nie. Rustig."
"Ken nie eintlik vir Prieska nie. Die Oranjerivier maak dit 'n puik bestemming vir die vissermanne en dit is presies halfpad tussen George en die Kgalagadi."
"Ons was in Upington. Upington is skoon en netjies, en het 'n vriendelike indruk geskep. "