Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6810 resensies.
"Kleinmond is 'n pragtige plattelandse dorp, het goeie eetplekke en die mense is baie vriendelik. Die strand en lagoon is fantasties mooi."
"Witsand is nog altyd vir my een van die beste bestemmings aan die Suid-kaap. Iets vir mamma. pappa en die kinders om te doen."
"Uitstekend, rustige natuurskoon, naby heelparty besienswaardighede. Ons het die plaaslike restaurant - The Tides - baie geniet."
"Veilige kusdorpie met pragtige natuurskoon en oor as genoeg aktiwiteite om mens besig te hou."
"Op Sondae raas die mense bietjie wat kom braai by die braaiers langs die see. Hulle speel hulle musiek baie hard en rev hulle karre se enjins. Andersins is dit lekker rustig!"
"Skoon, rustig, voel veilig, baie om te sien - die Shark Cage Dive bote launch van hier af."
"Overberg is a great destination and offers plenty possibilities for outdoor activities such as hiking. The frequent and time consuming stops for roadworks that have no visible progress are a problem, we lost hours in this way. "
"Oh wow. Sruisbaai itself is a small, beautiful place outside Cape Town with lots of activities one can enjoy. One can visit the harbour, lighthouse and see where the Pacific and Indian ocean meet."
"'n Pragtige en interessante klein stukkie geskiedenis wat dalk nog meer bewaar moet word."
"See, mooi berge, ideaal vir die natuurliefhebber. Baie lekker vakansiebestemming, of om te woon."
"Hulle moet net wyn op 'n Sondag verkoop - ons het vergeet om saam te neem en dus maar 'n drankie of 2 iewers anders geniet."
"Dit is 'n lekker klein dorp om 'n paar dae in deur te bring. Mens kan al die omliggende besienswaardighede besoek, om nie eens te praat van die baie interessante, antieke snuffelwinkels nie. Ek beveel enige toeris aan om Stanford nie mis te loop nie!"
"Die feit dat Arniston nie 'n supermark het nie, maak dit nog uniek en glad nie kommersieel nie. Hou dit so!"
"Daar is ongelukkig in die dorp self nie baie om te doen nie, maar 'n mens is nie ver van Gansbaai af nie waar daar meer aktiwiteite is."