Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6810 resensies.
"Die dorp en sy mense is so vriendelik en dit voel amper asof jy tussen jou eie mense is. Ons wil weer gaan maar langer die keer!"
"Ek was jare laas op die dorpie, maar dis steeds 'n pragtige plekkie vol "hidden little gems". Beslis die stilhou werd vir enige toeris wat in die omgewing is."
"Kunstenaar en "home decorator" se droom! Ons was baie aangenaam verras om te sien hoeveel restaurante en oulike winkels daar was. Die wandelpaadjies is briljant. Agulhas sal ons beslis weer sien!"
"Beslis die moeite werd en as deel van my "Bucket list" was dit 'n onvergeetlike ervaring."
"Dit is 'n pragtige en skoon dorp. 'n Mens voel baie veilig om daar rond te loop. Die inwoners is baie vriendelik en hulpvaardig."
"Meeste winkels was Maandag gesluit. Ons het egter een van die eienaars geskakel en sy was so gaaf om die kunswinkels vir ons oop te sluit. Genadendal uitstappie is en behoort op almal se 'bucket list' te wees."
"Baie lekker rustig en vriendelike plek. Baie stil en 'n lekker plek om te gaan ontspan."
"Kleinmond bied meer as wat mens sou verwag van 'n klein dorp, soos bv. lekker restuarante, interessante toeriste winkels, verblyf, groot winkelsentrum."
"Groot dankie vir Peter vir die moeite wat hy meer as bereid was om te doen, hy is verseker 'n aanwins vir L'Agulhas..."
"Nog baie potensiaal. Wil voorkom asof die stadsraad se toeristekamp in die dorp agteruit gegaan het."