Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Pragtige kusdorp met asemrowende natuurskoon en in die hartjie van die Kaapse Fynboskoningkryk!"
"Die enigste negatiewe kommentaar wat ek oor Agulhas het, is dat die Friendly Grocer verskriklik duur is."
"My seun van amper 20 jaar oud sê die surf is "awesome". Bettysbaai is lekker naby aan Kleinmond en Hermanus vir die mense wat bietjie aksie soek. Die perdry was vir my dogter (14 jaar oud) baie lekker (Kleinmond). Ek sou sê Bettysbaai is vir mense wat bietjie rustigheid soek. Die omgewing is regtig baie mooi. "
"Bietjie aan die duur kant vir wat hulle aanbied, maar dis die suidste punt van Afrika. Mooi natuurskoon en baie om te verken."
"Betty's Bay is a great destination for people who love nature and especially the Cape Mountain fynbos."
"Witsand is 'n pragtige stunning beach waar mens lekker ver kan gaan stap. Winkeltjies is ok. Nella's het al die basics wat mens seker nodig het. Maar 'n spar of so iets sou nogal great gewees het. En maybe lekker arts en crafts shop sal ook awesome wees om soos 'n aandenking van Witsand huistoe te kan neem. Maar dit bly 'n pragtige plekkie en mens voel veilig daar. "
"Alhoewel Witsand 'n hengelbestemming is, is daar meer as genoeg om te doen of om net te ontspan en leeg te lê."
"Stanford is 'n baie gesellige klein dorpie met baie om te doen. Die inwoners is baie vriendelik, veral die eienaars Eben en Mari van Table 13 Restaurant en Pub. Ek sal dit aanbeveel vir enige iemand om gerus in die onbeskryflike mooi dorpie 'n draai te gaan maak."
"Ek is histeries oor diere, en tot die diere was vriendelik en ek was hartseer om hulle agter te laat!"
"Hermanus is such a beautiful place, I originally come from Namibia and it reminded me so much of home. 'n Regte klein dorpie feel, which when you live in a big busy city like Cape Town makes you really appreciate a small town for a break away."