Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Hermanus is asemrowend. Daar is heerlike doen-dinge. Die strande is skoon en veilig. Die water is koud, maar nie vir tieners nie."
"Stanford is 'n prentjiemooi dorpie met verskeie oulike restaurante. Birkenhead Brewery se bier en kos is heerlik en La Trattoria, 'n Italiaanse restaurant, moet beslis ook besoek word. Egret & the Owl Book Café het 'n ongelooflike versameling tweedehandse boeke en bedien fantastiese koffie. Die OK op die dorp het meeste van die goed wat 'n mens kan nodig kry."
"Die Vermont/Onrus/ Hermanus-omgewing bly steeds 'n uitsonderlike vakansiebestemming. Bolandse vriendelikheid op sy beste."
"Stanford is 'n stil en rustige dorpie. Ek is van Stanford en bly l my lewe lank hier en die koms was great."
"Ons familie woon al oor die 120 jaar in Hermanus en Kleinmond. My hart lê vir seker daar. Ons beplan ook om eendag daar af te tree. Hermanus is die paradys!"
"Heerlike plek om vakansie te hou met baie aktiwiteite en besienswaardighede."
"Die dorpie bestaan uit 'n skool, munisipale kantoor, 'n drankwinkel en hoekwinkel vir ys en soortgelyke items. Geen besienswaardighede wat ons raakgeloop het nie."
"Heerlik gekuier by die Old Potter's en by die Saterdagmark! Beste quiches en heerlike koffie uit Soa se koffietrokkie!"
"Not much activities in the area but a great stay to be in nature or overnight while on a road trip."
"A lovely town that combines the opportunities for the 'outdoorsy' with food and shopping to suit all tastes. A stunning experience to walk along the clifftop biodiversity walk, a charming old harbour, great tidal pools and the chance to see a whale - what's not to like?"
"Baie sentraal naby Hermanus, Kleinmond en Hemel en Aarde wynroete. Daar is net nie werklik veel te doen op Bettysbaai nie. Geen winkel net die vulstasie met die nodige en so 3 eetplekke. Kleinmond is 10 minute se ry van daar af en Pringlebaai ook waar daar heerlike eetplekke en winkels is."
"Mooi klein plattelandse dorpie met die meeste verskeidenheid en lekkerste volstruisvleise op die menu van die eetplek waar ons die aand gaan eet het. "
"Struisbaai en Agulhas het 'n unieke karakter wat mens keer op keer laat terugkeer na die suidpunt van Afrika."