Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1661 resensies.
"Graskop en omgewing is iets wat mens moet sien, maar wees maar steeds waaksaam teen misdaad."
"Sal weer terug gaan Kaapsehoop toe. Die plek het sy eie bekoring en ek was aangenaam verras. Dit is 'n must go to plek op jou bucket list. "
"Pragtige dorpie en die mense is baie vriendelik. Sal beslis weer daar gaan kuier. Het dit baie geniet."
"Dis 'n ongelooflike deel van Suid Afrika wat naby baie historiese en natuurlandmerke is. Dis werklik iets om te beleef! Herfs voel vir my soos 'n beter seisoen want Sabie kan nogal nat word."
"Ons was oor Paasnaweek by Kaapsehoop en die dorpie baie besig gevind. Nogtans het ons dit geniet om die omgewing te verken en die wilde perde te sien. Dit is net jammer dat van die roetes, bv. na Battery Creek Waterval, gesluit was. Hoop bosbou sal die besluit weer heroorweeg en oop stel aan besoekers. Die restaurant tye pas dag besoekers, maar nie vir oornag besoekers wat dalk in die aand wil uitgaan. Gelukkig is daar darem 'n paar plekke oop wat to 8 nm oop blyk."
"Dis een van daardie dorpies wat jy een maal moet besoek. Vriendelike mense. Oulike eetplekke en winkeltjies. "
"Naby al die besienswaardighede in die omgewing. Inwoners oor die algemeen baie vriendelik. "
"Die uitsigte is pragtig, maar die paaie is vol slaggate en baie gevaarlik! Stresvol om daar te ry."
"Baie van die attraksies in Witrivier en omgewing bestaan nie meer nie, wat ons beplanning omvergewerp het."
"Sabie is baie mooi, maar moet bietjie werk aan hul paaie binne in Sabie. Dis baie moeilik om daar te raai met al die slaggate."
"Almal in Sabie is gasvry en daar om te help. Vriendelike gemeenskap en pragtige omgewing. "
"Lieflike area. Pragtig geleë tussen die berge. Nodige artikels kan bekom word. Die Graskop Gorge Lift was 'n belewenis - bietjie duur, maar vir my die moeite en geld werd. Die pad na die Bridal Veil-waterval en 2 ander watervalle op dieselfde pad was regtig in gehawende kondisie, slaggat op slaggat op slaggat. Eetplekke in Sabie bied goeie diens en kwaliteit kos. Kan Cafe La Boulangerie se koffie en pannekoek met melktert-vulsel aanbeveel."
"The town itself was relatively quiet for a weekend but is is still very nice to visit. The roads in the area are however riddled with potholes so one must be very attentive while driving."
"Het dit jare gelede besoek. Baie verwaarloos, spesifiek badkamers by Gods Window."
"A popular tourist destination and ideal stop-over for tourists wishing to explore the area."
"Graskop is werklik 'n pragtige dorpie! Hoewel klein is daar baie oulike winkeltjie om in rond te snuffel. Ons was verbaas om te sien hoe die munisipale werkers op 'n Sondag vullis wegry. Die strate was silwerskoon! "