Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Die stadsraad kan bietjie probeer om hulle werk te doen om Parys te probeer ophef. Privaat besighede doen hulle deel om toeriste te probeer lok. Maak die sypaadjies reg en skoon asb. "
"A quaint little town with so much variety of shops and places to eat. Very vibrant. Close enough to just break away. The Hartelus Market, which is the first Saturday of every month is definitely worth a visit."
"G on V is great. The food and location at O's are wonderful. Nice shops. Lots of antique shops. "
"Ongelukkig het die dorp baie verval, het as kind altyd daar gaan vakansie hou, maar sien die plek kry (soos alle ander klein dorpies) swaar. Voel nie meer veilig om die eiland en rivier te besoek nie."
"Aangename plattelandse dorp met goeie winkels, restaurante en die rivier!"
"In Parys is heelwat eetplekke en oudhede te koop. Daar is genoeg kettingwinkels en plekke om te besoek as jy navraag doen. Ons vind die mense vriendelik."
"Indien jy van antieke goed hou is dit die plek vir jou, bring net 'n sleepwa saam en baie geld."
"Pragtige dorpie! Hoi polloi is 'n moet! Sal gou weer terugkeer! "
"Baie cute en lekker naby vir 'n nawekie weg. Ons het dit baie geniet. Oppi plaas se restaurant was wonderlik, veral vir kinders en hulle gasvryheid is onmeetbaar. Só lekker daar gekuier! "
"Jammer vir die res van die dorpie wat maar agteruitgaan, maar Breë straat se winkels is almal lekker rondloopplekkies en almal doen baie moeite met hulle winkels en om dit mooi te maak."
"Parys is a lovely little town full of charm. There were craft markets, lots of restaurants and antique shops. There is also a craft beer brewery which we really enjoyed! "
"Ek dink net dat die stadsraad behoort na die sypaadjies om te sien omdat jy sukkel met 'n rolstoel. Oor die algemeen baie lekker en baie interessant."
"Pragtige winkels en great vibe, maar die dorpie self is baie vuil, munisipale ingryping sal baie aan die strate se skoonheid doen. "
"Parys is pragtig. Gaan gerus na O's Restaurant. Die kos is heerlik en die diens is fantasties."
"Ons het die antieke vintage winkeltjies so geniet. Was 8 ure in die hoofstraat en kon nie in al die winkeltjies gaan nie."