Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Ons het nie regtig tyd gehad om die dorp te verken nie, so ek kan nie regtig kommentaar lewer nie. Wat ek wel kan sê is die paaie het drasties aandag nodig. Die "potholes" is verskriklik."
"Parys is 'n pragtige vakansie dorpie met die heerlikste eetplekke en winkels. Net baie jammer op Sondae aande is daar baie min eetplekke oop."
"Definitief die moeite werd om te besoek. Restaurante kan bietjie meer thought in hulle menu's sit en ook vir kinders cater. Hulle is regtig duur."
"Parys is 'n heerlike plek om te besoek. Die enigste probleem is dat ons nêrens inligting raak gelees het dat die meeste winkels op die dorpie op Maandae toe is nie. Ek het spesiaal my suster soontoe geneem (sy was nog nooit daar nie) om die winkeltjies te ervaar en was regtig teleurgesteld met dit."
"Baie besienswaardighede en 'n goeie plek om te ontvlug van die gejaag in die stad."
"Loved it like the places to eat and all the nice little shops art and anything else."
"Overall was dit lekker gewees. Ek persoonlik het die musiek geniet van die swembad se kant af. My man aan die anderkant sou stilte geniet het of nie die hele dag nie. Sal weer daar kom kamp. Wie weet, dalk neem hulle voorstelle in ag. Dan sal ek beslis familie en vriende saam bring."
"Het nie die groot partytjie Saterdagaand geniet toe al die bikers gekuier het nie, maar dit gebeur seker nie altyd nie."
"Verblyf was te kort om kommentaar te lewer, waar ons was by Barefoot Cinderella was die diens en kos goed die eienaars is baie gasvry en hulpvaardig."
"Parys has a lot of interesting shops in Bree Street. Everyone is bound to find something interesting there."
"Dit is nie meer die "ou" Parys nie. Die fasiliteite langs die rivier is bouvallig en verwaardeloos en in ongebruik. Die water van die dorp kan nie net so gedrink word nie. Dit was 'n redelike skok om te sien hoe die plek agteruit gegaan het. Die eetplekke soos AB's pub and grill was baie goed en ons het heerlik daar geëet."
"Parys is 'n oulike dorpie vir enige paartjie om net weg te kan breek vir die naweek. Nie te ver van Johannesburg nie en ook nie te duur dorpie om mens te geniet nie."
"River cottages word goed bestuur en doen moeite om hul gaste die beste moontlike ervaring te gee."
"Parys soos Clarens is nog een van daai Vrystaatdorpies wat dit reg gekry het om te verkoop as 'n heerlike toeristebestemming. Ons was tydens die kunstefees in Parys en die dorpie het gegons. Net 100km van Johannesburg laat gee 'n mens werklik kans om sommer vinnig die dol stadslewe te ruil vir 'n baie rustiger omgewing. Net jammer dat daar so min bestemmings soos die op die kaart verskyn."
"Nie vir bejaardes en gestremdes. Geen behoorlike beweegplek op sypaadjies vir strollers en rystoele."
"Baie oulike plaasdorpie met vriendelike mense en interessante winkels en kuierplekkies."