Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Parys is al lankal op die kaart. Ek het die dorpie en sy vriendelike mense baie geniet. Die winkeltjies in die hoofstraat is 'n toeristetrekpleister en 'n vriendelike dorp wat almal welkom heet. Dié dorpie het 'n lekker kuieratmosfeer by al die eetplekke. Daar is nogal 'n ge'zoem' van energie en afwagting in die Vrystaatse dorpie. Ek sal weer gaan kuier."
"Besoekers aan Parys kan gerus by Ruby's gaan eet. Baie goeie kos en diens, lekker atmosfeer en 'n mens word welkom laat voel."
"Found Parys to be a most enjoyable destination. Really enjoyed roaming through the boutiques and shops, finding quite a few good buys. Also enjoyed the restaurants and coffee shops. Although I fully understand it, one thing I found quite different, was the fact that after about 15:30 on Sunday afternoon, most of the shops and restaurants were closed, and quite a few not opening on Monday morning. We will take this into account on our next visit if we stay over on a Sunday night."
"Interessante dorp, met talle geskenkwinkels en besonder baie winkels met oudhede om in rond te snuffel of te koop. Daar is baie verblyf opsies, vanaf gaste huise tot kampering, en ook buitemuurse aktiwiteite vir die avontuurlustiges. "
"Ons verblyf was baie skoon en netjies. Sal graag 'n Vending Machine of een of ander manier om koeldrank en snacks of iets te ete te koop wou gehad het. Indien 'n ontbyt by die prys ingesluit was sou dit ook baie meer punte by my gekry het. Verder sal ek weer bespreek indien ek in Parys moet oorslaap."
"As ek by die negatiewe moet begin: die paaie kan opgeknap word en die stadsraad kan maar moeite doen om die dorp weer regtig mooi en skoon te kry. Wanneer 'n mens by die stereotipe SA-probleme verby kyk, vind jy in Parys 'n eindelose bron van snuffel-geleenthede waar jy enigiets van 'n Afrikanerbees-horing wat in die middel met fluweel oorgetrek is tot antieke ware en kuns wat dit die moeite werd maak om van baie ver af te gaan kuier. Ek is gereeld daar!"
"Baie mooi dorpie met baie antieke winkels vir mense wat graag oudhede versamel."
"De Vette Mossel is oorprys. Enigste seekos op die menu was mossels en snoek. Sal dit glad nie aanbeveel nie."
"Die restaurant O's was 'n wonderlike ervaring, nie net die kos nie, maar ook die pragtige bome langs die Vaalrivier. Ons kom weer!"
"Munisipaliteit moet die paaie in die dorp herstel. As jy 'n stukkie sonder 'n slaggat kan kry, doen jy goed."
"Parys is 'n rustige dorp met 'n wye verskeidenheid aktiwiteite, vanaf die antieke snuffelaar, kokkedoor, ontspanne "shopper", golfman, riviervaarder tot bierdinker! Personeel is vriendelik en behulpsaam, regte Vrystaatse sjarme! Hou net in gedagte dat baie van die winkels en restaurante gesluit is op Sondagaande en Maandae, sommiges op Dinsdae ook om nodige rus na bedrywige naweke te kry. "
"Parys bied ‘n groot aantal kunsgalerye en antieke winkels. Toeriste kan ook bergfiets ry, gholf speel, deelneem aan ‘n riviervlotvaart, zipline, of ‘n besoek bring aan die Vredefort Koepel Erfenisgebied."