Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2296 resensies.
"Die was nie ons eerste keer op Paternoster nie, en sal ook nie die laaste wees nie. Was beslis die beste plek waar ons al gebly het. Jammer dat die diefstal so toeneem, dit plaas nogal 'n demper op 'n mens se vakansie om alles heeltyd toe te sluit. Dit het nie juis in die winter gepla nie, was lekker "cosy" en warm in die toe huis, maar in die somer raak dit 'n probleem!"
"Vriendelike plaaslike gemeenskap. Restaurante goed. Die winkels is egter baie duur met hul produkte. "
"Paternoster se besighede wat op vakansiegangers toegespits is, is oor die algemeen duur, veral restaurante. Ek dink die pryse kan beter vergelyk met die ander dorpe in vakansieplekke. Dit sal verkope ook baie aanhelp. "
"Bietjie bekommerd oor winkels - het vir ons 'n jaar terug baie beter voorraad gedra. Praat van winkels van ingang na Paternoster en hotel."
"Dit groei teen 'n vinnige tempo, maar die atmosfeer bly dieselfde"
"Enigste bekommernis was veiligheid, maar ek het nooit onveilig gevoel nie. Pragtige strand!"
"Ja met elke besoek brei die plek uit, sou nie wou hê dit moet nog meer uitbrei nie, want dis juis wat dit so uniek maak. Daar is nou soveel eetplekke en almal wil hul pond vleis hê. Hou pryse billik vir jul mede Suid-Afrikaners, want die geskenkwinkels is net vir oorsese besoekers wat prys aanbetref. Verder is die dorp nog skoon en almal is vriendelik."
"The town is full of interesting characters, quirky shops and friendly dogs! The long stretch of beach is fantastic for walking, and one feels safe despite warnings of petty crime."
"Die dorpie is lekker klein wat dit maklik maak om die dorp per voet te leer ken. Seekos is lekker en die diens in elke winkel en restaurant waar ons ingestap het was goed. "
"Baie rustig en stil, ideaal om net te ontspan en niks doen. Restaurante en winkels geweldig duur."
"Paradise! I love this little town. Have visited every year for the past four years."
"As jy wil afskakel en ontsnap van al die gewoel, is dit die plek om na toe te vlug."