Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 2296 reviews.
"Baie lekker blyplek en klein, stil dorp. Die eetplekke is nogal besig en ek sal aanbeveel jy bespreek iets veral oor 'n naweek."
"Ons het Paternoster baie meer positief ervaar as wat ons aanvanklik gedink het. Ons het veilig gevoel. Pragtige dorpie, met wonderlike eetplekke."
"Paternoster is rustig. Die kreefsmouse kan effe lastig raak. Anders baie stil en ontspannend. Lieflike plekkie."
"Paternoster is 'n tipiese vissersdorp en heerlike vakansiebestemming. Behuising is net baie duur in vergelyking met ander plekke."
"Paternoster is 'n lieflike dorpie maar die restaurante se kombuise sluit hopeloos te vroeg."
"Heerlike strand en eetplekke met interessante winkeltjies. Dit is ook naby Vredenburg en die Weskus Mall vir inkope."
"Ek weet nie of ek self weer Paternoster sal besoek nie maar die plek is verskriklik gewild en ek weet van mense wat dit elke jaar sal besoek. "
"Paternoster is die perfekte bestemming vir 'n vakansie waar mens wil afskakel en net relax."
"Paternoster is pragtig, ek dink egter dat die winkels duur is vir die plaaslike besoekers, as dit vergelyk word met al die ander dorpies aan die Weskus. Die restaurante is ook baie besig en gewoonlik vol so as n mens nie bewus is daarvan nie en jy slaap net vir 'n paar aande oor is dit moeilik om plek te kry vir 'n goeie maaltyd. Dit bly egter 'n baie spesiale, unieke plek wat prentjiemooi is."
"Weskus stel nooit teleur nie. As jy van natuur en buitelug hou, is dit die plek vir jou."
"Ons hou baie van Paternoster. Die strande sijn asemrovend en die see es prachtig. Ons hou van die restaurant "Gaatjie" en ook die ervaring bij "Oep ve Koep"was interessant."
"Jy moet beslis elke plekkie gaan besoek - soveel om te sien en te ervaar! Mens kry sielerus daar!"
"Wonderlike dorpie. Ons het lekker met die bergfietse op die strand gery asook tot op Tietiesbaai. 'n Moet besoek dorpie. "