Verified Reviews
Potchefstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Potchefstroom
Rated 4.1 out of 5 based on 931 reviews.
"Verkeer en parkering 'n problem en spoedhobbels oral wat frustreer omdat sommige nie gemerk is nie."
"Studentedorp kan meer konsentreer op kuns en eetplekke as regtig as toeristebestemming wil vestig, iets soos Parys. 'n Kuns/eetroete is dalk 'n plan."
Potchefstroom Central, Potchefstroom
Jakkalsdraai Guest House"Die area het agteruitgegaan, voel dit vir ons, en alhoewel mens vrouestudente sien alleen rondloop het dit gevoel of ek huiwerig sal wees om daar rond te loop. Ons het 'n baie oulike lodge so 10 minute van daar gaan aandete eet. Die kos was maar teleurstellend vir die prys, maar daar was 'n mooi plekkie om die sonsondergang te geniet langs die rivier en 'n kaggel binnekant so ons het lekker daar gekuier. "
Van der Hoff Park, Potchefstroom
B's Place"Dis net 'n woongebied, rustig en by Pick n Pay. Naby genoeg aan die universiteit."
Potchefstroom Central, Potchefstroom
Skoenlapper Selfsorg Gastehuis"Goeie golfbaan en resturante en 'n baie netjiese mall."
Potchefstroom Central, Potchefstroom
Cul-de-sac Gastehuis"Alles naby mekaar en naby die universiteit."
Potchefstroom Central, Potchefstroom
Hill Manor"Soos enige plek in Suid-Afrika is die netheid van strate en versorging van sypaadjies 'n uitdaging. Ons besoek nie Potch as toeristebestemming nie, maar omdat ons 'n kind aan die PUK het."
"Ek dink dis 'n rustige plek. Verskeidenheid van alles. Ek dink as ek weer eendag studeer gaan ek vir NWU verkies. "
"'n Woelige dorp met baie om te sien en 'n gasvrye atmosfeer. Die studente is net so vriendelik soos die ou Potchefstroomers."
Potchefstroom Central, Potchefstroom
A Touch of Grace"Ek sou graag inligting oor die besienswaardighede en geskiedenis van die dorpie wou kry, maar het nie geweet waar om te gaan soek nie. En daar is so baie plekke wat interessant gelyk het, van die grafte tot die ou Snowflake Meule en Rotary Clubhouse!"
Potchefstroom Central, Potchefstroom
Adato Guest House"Ek bly in sentraal Potchefstroom t.w.v. besigheid. Ek sien dit nie regtig as 'n toeristebestemming nie."
Potchefstroom Central, Potchefstroom
Vintage Guesthouse"Ons wou naby NWU wees, so vir ons was Vintage Guesthouse, naby genoeg. Ligging/bestemming hang mos natuurlik af van wat die doel van die besoek van elke besoeker wat in Potchefstroom is. "
Potchefstroom Central, Potchefstroom
Vintage Guesthouse"Ons het baie laat in die aand arriveer en te vroeg gery om regtig in opinie te gee van sentraal Potchefstroom as toeristebestemming. Ons het nie langer as 'n aand vertoef nie."
Potchefstroom Central, Potchefstroom
A Touch of Grace"EK was daar vir 'n week kursus, so het min tyd gehad vir ander besienswaardighede."
"'n Mens sal graag meer inligting oor die dorp wou hê en of 'n behoorlike kaart om die dorp beter te bestudeer, al het 'n mens die internet is dit tog belangrik om meer brojures byderhand te wou gehad het."
Potchefstroom Central, Potchefstroom
Cross Roads Inn"We did not see or experience Potchefstroom central, rather Potch dam and Kenneth MacArthur Municipal Swimming pools respectively, as we were in Potch to participate in the Underwater hockey Junior National Tournament.. Overall, we did enjoy our stay in Potchefstroom though! "