Verified Reviews
Ramsgate Beach
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ramsgate Beach
Rated 4.7 out of 5 based on 222 reviews.
"Baie skoon en veilige omgewing. Naby winkels en daar is genoeg strande naby mekaar om van te kies. Sal dit aanbeveel vir 'n gesin/vriende/groot groep mense. "
"Strand is netjies en was nooit oor vol nie. Aktiwiteite soos kanoritte, glybaan en eetplekke het dit wonderlik as bestemming gemaak."
"Die hele omgewing is baie besig gedurende spits vakansietye met parkeerplek by die strand nogal skraps."
"Baie besige strand. Blue Lagoon en die Waffle House is natuurlik 'n hoogtepunt. Parkering is 'n probleem as jy laat slaap. Probeer om eerder aan die Tidle pool se kant te stop. "
"Veilige parkering is beskikbaar en daar is heelwat om te ontdek en te verken."
"Dis ons eerste ervaring buite seisoen in Ramsgate. Baie mooi skoon en ons sal dit aanbeveel vir almal."
"Baie netjiese en skoon strand met veilige parkering en heerlike eetplekke. Dienslewering is puik."
"Ons eerste vakansie daar en was veral verrassend met alles so binne stapafstand van mekaar."
"Die weer was baie onplesierig gewees, maar kon darem op die strand loop. Die Blue Lagoon Restaurant sal ek aanbeveel. Die getypoel is net die regte plek vir die mense met klein kindertjies. Skoon strand en lewensredders altyd daar. Sal die strand beslis aanbeveel."
"Ramsgate is nie heeltemal so bedrywig soos Margate en Uvongo gedurende die Oktober-skoolvakansie nie. Dit is 'n heerlike gemeenskappie op sy eie, digby Margate, waar mens kan wegbreek van die daglikse gejaag. Tog is dit naby genoeg dat mens maklik alle besienswaardighede kan besoek aan die Suidkus."
"Die strand was skoon, lewensredders op hul pos en ons en die kinders kon die branders geniet."