Geverifieerde Resensie
Somerset West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Somerset West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 268 resensies.
"Dit is 'n baie moderne bestemming met baie winkelsentrums, sowel as natuurskoon. So, die spreekwoordelike: "aan albei kante gebotter"!"
"Dit was ons eerste keer ooit dat ons in Somerset-Wes tuis gegaan het te danke aan die troue wat ons dear moes bywoon. Maar ons hou baie van die plek en as die geleentheid hom wear voor doen sal ons weer terugkom."
"Baie mooi area, en baie stil. Ligging baie toeganklik tot verskeie fasiliteite. Prag ou bome. "
"Somerset-Wes en die Strand is baie mooi. Die berge maak die toneel. Gerieflik naby aan die wynlandgoed."
"Mooi dorp, 'n dorp waar jy iets van alles kan doen, bv. voetslaan, kuier, uiteet en net jouself geniet."
"Pragtige plek, was altyd in die Melkbos, Blouberg omgewing en ook in Paarl en Stellenbosch, maar nog nooit in Somerset-Wes nie, ons verwagtinge is regtig oortref, pragtige plek."
"Baie sentraal geleë tot Kaapstad, die lughawe, omliggende bolandse dorpe en verskeidenheid van besienswaardighede."
"We attended a wedding at Cavalli estate. Unbelievably beautiful. The town is quaint, divine restaurants and fabulous little shops to shop for antiques, etc. "
"Somerset-Wes is 'n ideale area om te bly, aangesien dit basies in die middel van alle betemmings is. Jy's binne 'n halfuur in Kaapstad en korter as 'n uur by lekker wynplase. Boonop is die see en strand 10 minute weg. Daar is bekostigbarie verblyf en pragtige uitsigte van die berge en see."
"It’s a beautiful area, it’s nice and quiet and definitely seems like a safe and secure area."
"Stil en rustig. Naby genoeg aan dorp/stad om gerieflik te wees, maar ver genoeg weg om te kan rus en veilig voel in die aande."
"Somerset-Wes is redelik sentraal, baie toeganklik en alles is maklik bereikbaar. "