Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4893 reviews.
"It's an amazing place because I believe in knowing your country first before you even think of travelling anywhere else."
"Nog steeds 'n lekker plek om te besoek, daar is baie om te doen. Voel net nie meer heeltemal so veilig nie."
"Onaangename weer waaraan niemand iets kan doen nie, maar die feit dat riviere die see besoedel agv munisipaliteite wat oral faal om riool te verwerk is kommerwekkend en is 'n groot bedreiging vir die toerismebedryf. Ek sal beslis nooit weer die KZN kus gedurende reënseisoen besoek nie."
"Margate is besig om agteruit te beweeg. Dit is nie meer so veilig as in die verlede nie. Die riool wat naby die strande in die see inloop is ook kommerwekkend."
"Margate is 'n rustige plek en die mense is vriendelik. Selfs die motoriste is bedagsaam op die pad."
"Baie vriendelike mense, baie om te doen selfs al tel die weer teen jou. Hou van hulle tye met load shedding. (Vanaf 21h00 in die aande en vroeë oggend ure, wat dit perfek maak vir vakansie gangers) Die load shedding tye verskaf min of geen ongemak vir die inwoners nie."
"Strande was skoon (die kant waar ons gewoon het). Als gehad wat ons benodig het (winkel gewys). Shelley Beach was net om die draai. Baie lekker area."
"Vuil. Die strand by Winkelspruit is gevaarlik. Baie ongure karakters wat rondhang. Maar Illovo strand is veilig en word skoon gehou."
"Margate itself has declined and I don't feel safe there. The surrounding areas are still well-kept and safe. The municipality really needs to do something about the potholes which seem to be getting worse and worse every time I go there."
"Die strand was vuil a.g.v. opdrifsels deur die reën veroorsaak wat mens kan verstaan. Daar is wel baie vullis tussen die rotse gevind wat dit bietjie onsmaaklik gemaak het. Maar oor die algemeen bly ons voorstanders van Uvongo."