Verified Reviews
Strandfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Strandfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 129 reviews.
"Very quiet seaside town. Beautiful vegetation, sea views. Very reasonably priced restaurant."
"Ons kom beslis weer terug. Pragtige strand met die mooiste sonsondergange. Doringbaai is ook net 'n klipgooi ver met die heerlikste seekos by The Jetty Restaurant by Fryers Cove in die hawe."
"Destyds 'n klein, stil plekkie met 'n wonderlike breë strand. Die regte plek om te ontspan."
"Lekker vakansiedorp en baie veilig. Was heerlik om met oop vensters sonder diefwering, alarms en veiligheidshekke te kon slaap. Hou dit asb. net so. Well done Strandfontein."
"Ongelooflike plek - kan besig wees rondom die kampeerders, maar as mens so effe boontoe bly is dit fantasties. Let wel, is 'n rowwe see en gewoonlik baie koue water, maar lang strande vir stap. Baie goeie wynkelders in die omgewing, asook gholf vir die wat wil. Kersmark en tent "skep 'n bord vir R50" was 'n hoogtepunt."
"Strandfontein is nog ongerep met pragtige natuurskoon. 'n Pragtige strand. Daar is ook 'n winkel wat aan jou basiese behoeftes voorsien. Daar is ook 'n restaurant waar jy kan eet en Doringbaai is slegs 'n paar kilometers weg."
"Die ete by die Seespens in Doringbaai was uiters teleustellend. Kan dit beslis nie aanbeveel nie. "
"Dis 'n oulike klein vakansiedorpie, kom net voorbereid daar is nie veel te koop nie, net 'n klein kafee. "