Geverifieerde Resensie
Strandfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Strandfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 160 resensies.
"Dis 'n oulike klein vakansiedorpie, kom net voorbereid daar is nie veel te koop nie, net 'n klein kafee. "
"Strandfontein is regtig die wegbreekplekkie om te gaan ontspan. Strand is baie skoon, baie eenhede om van te kies, braaigeriewe teen die strand is regtig awesome."
"Die geriewe op die strand is glad nie in 'n goeie toestand nie. Dis jammer vir so 'n gewilde en pragtige dorp."
"Dit was baie slegte weer, en dis regtig net te ver van Lutsville ens. veral met die nuwe petrolprys. As jy Desember net daar bly, met genoeg kosvoorrade, en vakansie hou sal dit seker werk."
"Strandfontein is 'n rustige stranddorp waar daar lekker gestap kan word met 'n pragtige uitsig oor die see. Naby Doringbaai. Waar 'n man vis, brandstof en ander benodighede kan kry. Kommetjie Restaurant (Strandfontein) het ons smaaklik geeët aan hul Seekos-bord. Waarde vir geld. Ons sal definitief weer terugkom."
"Vandat ek klein was het ons Strandfontein as 'n gesin besoek en so sal ek met my baba jaarliks Strandfontein toe gaan. Goue herinneringe. "
"Dis 'n klein, unieke plekkie waar jy regtig net kan gaan ontspan en lang ente langs die see stap in buiteseisoen. Sorg egter dat jy jou inkopies doen soos in Vredendal."
"Baie mooi skoon dorpie met 'n pragtige mooi swemstrand as jy bereid is om die atlantiese oseaan se koue te trotseer."
"Strandfontein is 'n lieflike strand met vriendelike mense. Sal net beter akkommodasie soek as ek weer soontoe gaan."
"Verlief op Strandfontein. Dis 'n heerlike plek en perfek vir strandstap en het sommer vele oulike plekke ontdek. Kos vir my siel dié plek."
"It definitely is a great holiday destination and as a family, we will definitely visit it again."