Verified Reviews
Strandfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Strandfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 129 reviews.
"Strandfontein het een restaurant en winkeltjie met beperkte items. Met goeie kookgeriewe kan mens eerder self kos saamneem. Karavaanpark baie netjies."
"Great walks on the beach. Lovely and quiet although admittedly we were there mid-week and it was out of season. But given the location of this property at least you have space around you and you are away from the densely built up homes nearer the beach."
"Dis 'n lekker bestemming vir families maar jy moet alles wat jy gaan nodig kry saam vat. Geen winkels beskikbaar nie."
"Dit was my eerste besoek aan Strandfontein en ek was aangenaam verras. Dis 'n pragtige omgewing met 'n heerlike strand om op te stap, groot branders en mooi rotse."
"Beslis die moeite werd om eendag af te tree op so 'n mooi, rustige en veilige vakansiedorp of om net vakansie te gaan hou."
"Strandfontein is 'n baie mooi dorpie en ek sal enige tyd weer soontoe gaan, dis pragtig skoon en die see maak dit net meer ekstra spesiaal. Een van die mooiste Weskus-dorpies."
"Mooi en skoon Weskusdorp wat jou verwagtinge sal oortref. Mooi blomme gesien op sypaadjies en tussen erwe tydens Weskus-lente. "
"Strandfontein is 'n rustige, klein kusdorpie. Weens ongure weersomstandighede met ons besoek kon ons nie die dorpie ten volle verken nie, maar het ons dit geniet. "
"Wanneer ons die geleentheid kry, dan bespreek ons 'n naweek op dié kusdorpie."
"Not much in the way of shopping for basic items. Doringbaai has a better shop and the facilities at Lutzville are better."
"As jy Strandfontein toe gaan, vat maar alles saam. Dis 'n vakansie bestemming, so jy gaan rus daar. Daar is geen verkeer nie, en hulle het 'n pragtige karavaanpark met die mooiste uitsig. Die winkeltjie op die dorp maak reeds 18:00 toe, so as jy iets vergeet het, wikkel maar vroeg. Daar is ook 'n restaurant op die dorp wat maar redelik duur is vergeleke met ons dorp se restaurante. Besoek gerus ook vir Doringbaai (8km ver) en gaan proe wyn by Fryers Cove in die ou vis fabriek. NS: Onthou jou bergfiets-lekker roetes om te ry in die omgewing."
"Dit is 'n pragtige stranddorpie en die see is wondermooi. Het die paar dae daar terdeë geniet."