Verified Reviews
Strandfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Strandfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 129 reviews.
"Die restaurant by die strand is nie oop op Maandae en Dinsdae nie. Doringbaai is dan die naaste eetplek."
"Die natuurskoon is asemrowend. Die kampeerterrein is puik uitgelê en skoon en netjies. Die omgewing is ook skoon, paaie netjies. En daar is baie blomme om te sien."
"Die staproete tussen Strandfontein en Doornbaai is pragtig en hoogs aanbeveelbaar."
"Dit is 'n strand waar jy waarlik kan ontspan en sielerus vind. Daar is soveel om in die natuur te geniet. Lang ente se stap op die strand. Wandelpaaie in die natuurreservaat. Ag, net alles daar is so mooi en ontspannend. Dit wat ons die meeste geniet het, was die feit as die Strandfontein nie gekommersialiseer is nie. Hou dit asb so! Alles is skoon, die strand, die dorpie, alles. "
"Ons was in die winter daar. Ons wil beslis in die somer 'n draai weer daar kom maak."
"Moenie Papendorp en Doringbaai misry terwyl jy in Strandfontein is nie. Ons sal terugkeer en langer bly!"
"Bitter veilig en lekker rustige dorpie. Ons sal Strandfontein weer besoek."
"Beslis 'n plek om te besigtig. Die Weskus bied 'n pragtige natuurskone dorpie vir oud en jonk."
"Dit is maar 'n mens probleem, Saterdagoggend van 2021 se Paasnaweek toe lê daar 'n klomp rommel rond van Saterdag se braaiers onder by die see-braaiplekke en ek is nie eers 'n moangat nie, dit is net as jy die heeltyd in skoonheid vaskyk dan sien jy die vullis raak dadelik. Maar nog steeds 'n awesome plek maak dit jou trots."
"Daar is slegs een kaffee/restaurant wat Maandae en Dinsdae gesluit is. Strand is nie besonders aantreklik nie."
"Kultuur is uniek en vriendelik. Mens voel so tuis in Strandfontein. Dis skoon, en die dienslewering is 5-ster gehalte."
"Pragtige seedorp. Die dagbesoekers bederf die atmosfeer met harde musiek en gefuif op strand - papiere, drankbottels en glasstukke bly agter as hul weg is."