Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 3215 reviews.
"Die wildreservaat is effe verwaarloos. Dit kan met advertensie en bestuur 'n besondere aanwins vir die dorp wees."
"Die Bo-Karoo is vir my soos 'n 2de huis jeens die feit dat ek van die suide van Namibie (ou SWA) kom en in Namakwaland skool gegaan het. Sy het daai geheime nostalgie en uniekheid wat jy nêrens anders kry nie en tog het sy baie geskiedenis om te vertel. Ek dink die Bo-Karoo is nog nie volkome ontgin vir die toerismewêreld nie en daar is nog baie potensiaal in haar opgesluit. My aanbeveling sal wees 'n pasgemaakte toerismepakket wat die Bo-Karoo, Namakwaland en Boesmanland saamsluit sal uniek, maar 'n wenner wees."
"Die Mannetjies Roux museum kan besoek word. Die Merino Restaurant berei die lekkerste skaapvleisdisse."
"Mooi, skoon dorpie met netjiese huise. Het heerlik by die Tower Restaurant geëet. Dis 'n wenner plek met vriendelike mense."
"Die Bo-Karoo beskik oor sy eie uniekheid. Beleef dit ten volle deur eers oor die ontstaan, plantegroei en dierelewe, voor 'n besoek aan die gebied, te lees. Gaan beleef dit dan by 'n plek soos Camp Nguni."
"'n Vreeslike oulike, stil en rustige plekkie, een van die netjieser Karoo-dorpies."
"Do not rush by on the N12! Go slow and see the wonderful country we have. We are going to come back for a visit to Victoria West and see the sights and play amateur radio in the koppies around town and find the geocaches!"
"Die Karoo het 'n spesiale bekoring en die Drie Susters voel soos 'n plek waar mens tuis is."
"Daar is soveel moontlikhede op die dorp, veral in die echo-toerisme omgewing. Ek glo met die hulp van die Provinsiale Regering, kan dinge net verbeter."
"Bonus was die Vanderkloof Dam wal wat oor loop, Vreeslik mooi gewees. Pragtige omgewing en natuurskoon."