Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 7117 resensies.
"Ons eerste besoek aan die dorpie. Pragtige klein dorpie nie ver van Vredendal en ander groter plekke nie. Naby Strandfontein waar ons geëet het langs die see."
"Ideaal geleë om 'n groot gebied rustig te ondersoek - vanaf Clanwilliam en Doringbaai tot by Van Rhynsdorp en Nieuwoudtville."
"As 'n mens 'n rustige en stil plek soek met gawe inwoners, is Doringbaai die plek. Dis maklik om verder te reis, veral om blomme te kyk, en weer teen die aand terug te kom. Heerlike kos by plaaslike restaurant gekry en ook uitstekende restaurant op Strandfontein slegs 'n klipgooi verder."
"Rustigheid vanself. Ongerepte natuurskoon. Nog nie deur kommersiële ontwikkeling geskend nie. Hoop dit sal nog vir jare so wees."
"Baie mooi, netjiese dorp. Lekker stappaadjies. Pragtige blomongewing. Sal weer Lambertsbaai besoek."
"Het lanklaas sulke vriendelike en behulpsame mense ontmoet. Sal Lambertsbaai beslis weer in die toekoms besoek."
"Road works prevented us from exploring and bamboozled our GPS - momentarily."
"Een van ons gunsteling plekke vir vakansie hou. Baie netjies, skoon en vriendelike mense. "
"Lambertsbaai is 'n interessante dorpie en die malgasse beslis 'n moet. SANP het moeite gedoen om die ervaring vir die publiek interessant te maak."
"Beslis ingestel op uitbuiting van toeriste, alhoewel die eetplekke aan te beveel is."
"Al die padwerke maak rondry 'n probleem, maar andersins is dit 'n mooi plek en die meer is pragtig."
"Yzerfontein is naby Kaapstad, maar bied self nie veel nie. !Khwa ttu is rit na restaurant werd. Uitsig van restaurant af is pragtig. Ry gerus ook na Riebeeck Kasteel. Natuurskoon herinner aan Skotland se Canolavelde, groen heuwels, veldblomme, skapies en water. Pragtig! "