Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Baie rustige en pragtige Weskus-vissersdorpie wat jou aan 'n ander kultuur in ons diverse land blootstel. Net jammer van die grootskaalse ontwikkeling wat die rustigheid en karakter gaan verander."
"Plekke om by te gaan eet maak 18:00 toe en om vis/kreef te koop vir self gaarmaak is onverkrygbaar. "
"Jacobsbaai is 'n lekker plekkie as jy wil wegkom van die stadslewe. Dis mooi, rustig en die mense is baie vriendelik."
"Probably better in Summer as very cold at night and boat trip was cancelled due to lack of passengers."
"Ons het heerlike aandete geniet by Klawer Hotel. En Stefan het 'n direkte lyn na die lekkerste skuinskoek wat ek nog ooit geproe het."
"Dit is nie vir die ou wat gepla is oor inkopies doen en mall toe gaan nie. Dit is stil en daar is baie voëls en dit is rustig. As jy wil uiteet moet jy ver ry as jy wil goedkoper betaal, want die restaurante daar is duur. Ons het die plek baie geniet."
"Really beautiful area, however the informal settlement is scattered throughout the town. "
"Ry eenkeer deur Paternoster dan het jy als gedoen. Ná 'n sekere tyd van dag is geen winkels oop nie. Vredenburg darem nie te ver nie."
"Langebaan is 'n uitstekende toeristebestemming en bied ietsie van alles vir die hele gesin."
"Winkels is almal oop tot laat. Winkels is goedkoop en verkoop alles. Strand is altyd netjies en Langebaan is definitief een van my gunstelinge."