Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Doringbaai is perfek vir reisigers wat wil wegkom van die gejaagde stadslewe."
"Mosselbaai is my geboortedorp en daar sal altyd 'n hunkering wees om daar te gaan kuier!"
"Few young people using the Die Kom as walk-through area playing music early mornings. Access should be controlled as it is a disturbance and makes you feel unsafe."
"Ons geniet George, goeie kombinasie van platteland en gerief. Baie gholfbane en goed om te doen."
"Kaapstad is 'n wonderlike plek, reg vir ontdekkings en die mooiste plekke. Dit is 'n plek waar jy jaarliks kan vakansie gaan hou, en steeds elke keer iets nuuts sien!"
"Stilbaai is 'n pragtige dorpie en mense is baie vriendelik. Ons was al 'n paar keer voorheen in Stilbaai en beslis dié keer die lekkerste gekuier. Dis 'n klein dorpie, weg van alles, maar tog het dit alles wat jy nodig sou hê."
"Baie hartseer oor diefstalsyfer van Paternoster veral omdat dit ons gunstelingvakansiebestemming is. Paternoster is 'n dorp uniek aan ons land, met sy "locals" wat jou ervarings laat beleef soos nog nooit. Kindertjies wat hulle eie name op 'n klip skryf en aan jou probeer verkoop sodat hulle "katkop en tjips" kan koop of byname wat vir jou gegee word soos Mr Vrystaat. Hoekom ervarings in ander lande gaan soek as Suid-Afrika dan Paternoster het?"
"Ek het vir die Groot Pampoenfees deurgekom en het dit baie geniet. Ek dink die dorp kan nog baie toerisme lok."
"Stilbaai het my verbaas. Ons is versot op die pragtige, heuwelagtige dorpie met bome en groen plante. Die rivier en see bymekaar maak dit ekstra spesiaal. Pragtige venue's vir troues en vriendelike, gasvrye mense. Oulike winkeltjies en restaurante."
"Plett was nog altyd vir my en my vrou 'n lekker plek, maar nou is Plett lekkerder."
"Mense ry baie onverskillig voor barnacles verby op pad strand toe. 'n Voorstel: speedbumbs."
"Cape Town remains one of the most beautiful cities in the world, despite the problems that beset all cities."