Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Die veiligheid-situasie bly 'n groot probleem en mens is heeltyd versigtig. Die plaaslike inwoners waarsku jou deurentyd, maar die besoek van die diere maak dit die moeite werd. Ons sal in die toekoms Marloth as basis gebruik vir besoek aan die wildtuin, dis net baie meer ekonomies."
"Baie jammer dat die diere verwyder word, dit is hoofsaaklik die rede dat mense daarheen gaan."
"Winkelpersoneel en ontvangs puik mense - baie hulpvaadig en vriendelik. Als tot mens se beskikking indien jy ietsie by die huis vergeet het om in te pak. Mens voel regtig veilig daar met Hugo en sy span. "
"Daar is geen beheer by die "boom gates" nie. Daar is hoegenaamd te veel "rondlopers" in die park self. Die paaie is in swak kondisie en die straatname is ook baie swak gemerk. Die algehele voorkoms van die park was vir my baie onnet. Ek verstaan dis bosveld, maar dit kan netjieser wees, party van die huise het regtig soos "shacks" vertoon. Maar tog was die verblyf en weer goed."
"Ek beveel Marloth Park beslis aan. Alhoewel ons in die winter daar was, mooi bosveld, bevoorreg om so tussen die mak wild te woon en ry. Vir enige liefhebber van die natuur, die ideale plek om 'n naweek (eintlik, beslis langer), deur te bring."
"Die Safari is definitief aan te beveel. By bespreking is ons meegedeel dat daar net 1 dag is waar ons die safari kan doen en kon ek vooraf bespreek. Die gids was baie bekwaam en het baie moeite gedoen om soveel moontlik vir ons te wys."
"Het huis was niet zo heel duidelijk aangegeven vanaf Olifant road. Wellicht een lichtje zou al helpen! Verder fantastisch om alle wilde dieren rond te zien lopen en mooie uitkijkpunten richting het Kruger (waar we veel hebben gespot)."
"Pragtige omgewing en lekker om so langs die rivier af te ry vir ons oues wat nie maklik loop nie."
"Marloth is 'n fantastiese ervaring, 'n stukkie hemel op aarde met die diere wat om jou is. Die mense wat daar woon en werk is almal ook vriendelik wat die ervaring baie lekker maak. My enigste bekommernis is oor die diere wat nou verwyder word en die vlakvarke wat geskiet word, gaan hulle nog diere oorlos in die park want as hulle alles gaan verwyder sal Marloth definitief sy aantrekking verloor!"