Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Marloth Park is 'n fantastiese plek vir 'n Kruger Park wegbreek as jy privaatheid soek en naby aan die diere wil kom. Ons het zebras en kameelperde, volstruise en bokke insluitend koedoes gesien en het 'n hele paar besoeke van nagapies gehad. Absoluut pragtig!"
"Pragtige plek. Dink na die reënseisoen sal dit seker 'n groen lushof wees. Al wat ons bietjie gepla het was die baie bouers maar ons verstaan almal wil 'n huisie in die paradys hê. Wens ons kon ook."
"Marloth Park is pragtig en 'n lekker plek om te gaan rus en terug te kom natuur toe."
"Vol wild. Kon selfs 'n koedoe met die hand voer. Die plek is awesome, asook die mense daar. Ons gaan Desember weer soontoe."
"Secure little place with everything one needs to take a break from the hustle and bustle of city living. "
"Die diere is baie mak en kom maklik tot jou voordeur. Ons het meer wild gesien in Marloth Park as wat ons in die wildtuin gesien het, net nie roofdiere nie."
"Definitief 'n moet vir mense wat bietjie wil gaan tiervis vang, ook baie naby aan die Kruger wildtuin. "
"Marloth Park se winkels en restaurante is so bietjie duur veral vir 'n groot familie."
"Marloth Park is hemels om die minste te sê, dis een van my top bestemmings."
"Marloth Park is 'n wonderlike park. Baie naby die Kruger Park indien jy soontoe wil gaan As jy nie wil gaan nie kan jy enige tyd langs die Krokodilrivier gaan stap of ry. Daar is baie diere te sien in Marloth Park self."
"Marloth is n' uitstekende en bekostigbare plek om te bly vir natuurliefhebbers wat die wildtuin wil besoek. Ek sal verseker weer Marloth toe gaan."
"Ons geniet dit baie om na Marloth Park toe te gaan. Probeer so eenkeer 'n jaar daar uitkom."
"Hoogs onsteld oor twee oorsee-toeriste wat die tweede dag van ons verblyf in Marloth Park by die afdraai na Jabula Lodge en Restaurant 'n kameelperd raakgery het. Ek sal sterk aanbeveel dat spoed hobbels naby sulke afdraaie oor die pad gebou word om die bestuurders van voertuie te forseer om stadiger te ry."
"Te veel honde wat snags blaf, maar dis wat mens kan verwag as mens in 'n dorp tuis gaan."