Geverifieerde Resensie
Amanzimtoti
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Amanzimtoti bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 980 resensies.
"Lekker plek, net jammer dit gaan agteruit, nie meer so skoon soos altyd nie."
"As 'n mede hengelaar voel ek dat die strande baie vuil gemaak word deur die hengelaars en meer toesig kort op vure wat op strand gemaak word. Baie bedelaars in aand op strand."
"Ek sal nie Amanzimtoti se hoofstrand aanbeveel nie. Nie veilig gevoel nie."
"Ons hou baie van Amanzimtoti en het al baie vakansie daar gehou. Wil graag weer gaan."
"Ongelukkig was die strande toe en kon ons nie daar swem nie en het elke dag Scottsburgh to gery, maar die lekker blyplek het opgemaak daarvoor. Die winkels was lekker naby en kon net oor die straat stap en dan was alles daar."
"Net dat hulle die hoofstrand toegemaak het vir swem oor die naweek, maar dit was oop vir deur die week."
"Toti ondervind ook maar probleme en bietjie agteruitgang soos die res van die KZN suidkus. Van die geboue kort dringend biejtie aandag. Riool is 'n probleem, alhoewel Toti hoofstrand deurgaans oop was vir swem, was ander strande soos byvoorbeeld Warner beach (7km vanaf Toti hoofstrand) toe weens baie hoë Ecoli-telling in die water. Aangesien ons oor Paasnaweek daar was, was dit nogal drukbesig in die meeste winkels en Galleria Mall, soos wat mens seker maar by enige populêre vakansiebestemming sou verwag."
"Naby genoeg aan Durban, maar nie te naby om in die gewoel te wees nie. Goeie middelpunt van waar ons wou wees."
"It's a lovely place for holidays, lots to do and see, the beach is beautiful with lots of activities for kids. Also, I would definitely recommend Amanzimtoti for a nice holiday."